emoji feat
Hieroor praat mense

37 nuwe emoji’s beskikbaar!

Die meeste van ons is verslaaf aan emoji’s, want wat kan jou bui beter beskryf as ’n gesiggie wat dit presies uitbeeld? En met Apple se sagteware, iOS10, wat onlangs bygewerk is, het die wêreld 37 emoji’s ryker geword! 

Daar is ’n paar voorkomsveranderinge ook. Die vroue-emoji’s het nou ’n eleganter haarstyl, en meer beroepe het ook vroulike weergawes gekry, soos ’n polisievrou, vroulike speurder en ’n vroueatleet. Onder die splinternuwe emoji’s tel ook dié vir enkelouerskap en selfdegeslag-verhoudings. Om jouself uit te druk was nog nooit so maklik nie.

emoji 2

emoji 1

Kyk dié video van Emojipedia om te sien waaruit van die nuwe emoji’s bestaan:

Lees nou

Internasionale Vrouedag: Waar is óns emoji’s?

FOTO’S: Prinses Charlotte en prins George in hul element

7de Laan-akteur “word ’n vrou”