Videogreep: AOL

Hieroor praat mense

Maak jou eie grimering – op jou drukker!

Die Harvard-sakestudent Grace Choi wil die gesig van die skoonheidsbedryf verander met haar 3D-drukker wat grimering kan druk, berig TechCrunch.

Wanneer ons grimering op is, of ons is lus vir ’n nuwe skakering, hardloop ons dadelik winkel toe of koop deesdae ook aanlyn. Maar nou het Grace ’n derde manier ontdek.

Grace het onlangs haar eie 3D-drukker, Mink, ontwerp. Nes enige drukker, kan jy dit eenvoudig aan jou rekenaar by die huis koppel. Kies ’n kleur op die internet, voeg dit in en druk jou eie blosser, lipstiffie of oogskadu by die huis!

Klik op die video hieronder om te kyk hoe Grace die prototipe van haar Mink-drukker demonstreer en selfs die pienk oogskadu wat gedruk word op haar hand toets.

Druk jou eie kos met ’n 3D-drukker Lees meer hier!

3D-pen

Dié nuwe tegnologie is nie beperk tot drukkers nie. Die kreatiwiteit word ook nou in jou eie hand geplaas met die nuwe 3D-pen.

Kyk na dié video om te sien hoe dit werk …

Bronne: TechCrunch en Fubiz