FOTO Reddit

FOTO Reddit

Hieroor praat mense

4 foto’s waaroor die internet nou gons

Daar’s 4 foto’s waaroor die internet nou gons, sommige net omdat dit mooi is, ander omdat dit inspirerend is. Dié foto’s het die aandag getrek, vertel ’n storie én roer die hartsnare … 

1) Jou kommentaar, my selfbeeld

Woorde kan seermaak. Daarom het die 31-jarige kunstenaar JoJo Oldham ’n doodgewone T-hemprok omskep in ’n kunswerk deur alles wat mense al oor haar lyf gesê het, daarop te druk – goeie én slegte aanmerkings. Hierdeur het sy geleer om haar lyf lief te hê.

FOTO http://www.lovelyjojos.com/

FOTO www.lovelyjojos.com

En dís ook wat sy met die kunswerk wil wys: jou woorde het ’n impak op ander. Maar jy is ook veel meer as wat ander van jou sê en moet leer om jouself te aanvaar.

FOTO http://www.lovelyjojos.com/

FOTO www.lovelyjojos.com

Wat dink jy van JoJo se rok? Laat weet ons in die kommentaarblokkie hieronder of op sosiale media.

2) Mooiste tee-man

Dié blouoogman van Pakistan het oornag ’n internetsensasie geword nadat die foto van hom op Instagram viral gegaan het. Die 18-jarige Arshad Khan het selfs nou ’n modelkontrak losgeslaan.

Die fotograaf Jiah Ali het die foto geneem by ’n mark waar Arshad tee gemaak en verkoop het. Hy sê hy het vinnig besef iets is anders toe plaaslike seuns met ’n pamflet waarop sy gesig is, na hom gekom het. Hierna wou die media met hom gesels.

Die ironie is dat Arshad veral op Indiese sosialemedia-platforms begin trend het, en dit te midde van politieke spanning tussen dié twee lande.  

 

3) Pootergirl!

Toe die 3-jarige Amerikaner Kaylieann Steinbach moes aantrek vir haar skoolfoto, wou sy niks weet van die uitrustings wat haar ouers vir haar bymekaargesit het nie. Sy wou Pootergirl wees!

My daughter got to pick what she wore for her school pictures. Daddy approves from aww

Kaylieann is gehoorgestremd en kan byvoorbeeld nie ’n “s” hoor nie, daarom is Supergirl vir haar Pootergirl. Maar dít keer haar nie om Supergirl as haar heldin te hê nie. Haar pa, Austin, vertel aan Huffington Post dat die reaksie op dié foto wat hy op Reddit gedeel het, oorweldigend is.

 

4) Michelle Obama in Versace

Dit was haar laaste staatsbanket en dié rok verklaar dat Michelle Obama se invloed nog lank by ons gaan wees.

Michelle het verlede week ’n passievolle toespraak gelewer oor vrouebemagtiging en respek vir vroue – veral in die lig van Donald Trump se aanmerkings dat hy vroue by die geslagsdele kan gryp omdat hy bekend is.

Dié roosgoudkleurige rok is ontwerp deur Donatella Versace, ook ’n sterk vrou, wat die Versace-modehuis by haar broer Gianni oorgeneem het ná sy moord in 1997.

Dink jy dís Michelle se beste uitrusting nóg?

  • JA
  • NEE