Cindy Crawford se seun, Presley
FOTO Instagram @presleygerber

Cindy Crawford se seun, Presley FOTO Instagram @presleygerber

Hieroor praat mense

4 nuusstories vir vandag, 15 Februarie 2017

Interessante nuusbrokkies van oor die wêreld heen vir geselsies by die werk, die haarsalon of op daardie eerste afspraak …

Misdaad in SA

Goeie nuus! Volgens Statistieke SA se misdaadslagofferverslag het die misdaadsyfer afgeneem.

Maar hoewel die syfer sedert 2011 afgeneem het, is die syfer steeds hoog.

Nóg in die verslag:

• Gewone mense se vertroue in die polisie en howe het ook afgeneem.
• Minder mense waag dit om bedags of snags alleen op straat in hul eie woonbuurt te loop.
• Dit raak aktiwiteite soos besoeke aan parke, asook ouers wat toelaat dat hul kinders buite speel.

Lees HIER (agter Netwerk24 se betaalmuur)

Laureus-toekennings

Die grootste sportpryse ter wêreld is gisteraand in Monaco oorhandig. In die kategorie Deurbraak van die Jaar was ons eie wêreldrekord-houer Wayde van Niekerk benoem, maar die Formule 1-kampioen Nico Rosberg het met dié toekenning weggestap.

 

Die ander wenners van die aand was

Sportman van die Jaar: Usain Bolt
Sportvrou van die Jaar: Simone Biles
Terugkeer van die Jaar*Michael Phelps
Sportpersoon van die Jaar met ’n gestremdheid: Beatrice Vio
Aksiesport-persoon van die Jaar: Rachel Atherton
Span van die Jaar: Chicago Cubs
Gees van Sport: Leicester City
Sport vir Welwillendheid: Waves of Change
Inspirasieprys: Olimpiese Vlugtelingspan
Beste sportoomblik: Barcelona U12

Hoewel Wayde nie met die louere weggestap het nie, het die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie Waves for Change gewen. Hulle leer kinders branderplankry om hul sielkundige probleme te oorkom, verhoudings te bou en positiewe gedrag aan te leer.

Lees meer oor dié merkwaardige organisasie HIER. Kyk ook na die video hieronder:

*Schalk Burger het in 2015 die gesogte toekenning vir Terugkeer van die Jaar by die Laureus-toekennings gewen. Lees meer HIER.

Lees meer HIER.

Cindy Crawford se seun op die loopplank

Almal praat gewoonlik oor hoe baie Cindy se dogter, Kaia, na haar bekende ma lyk. Maar dit is Cindy se seun, Presley, wat nou die modewêreld aan die gons het.

Hy het beïndruk toe hy onlangs op die loopplank by die gesogte New Yorkse Modeweek verskyn het. Dié foto is geneem by die Zadig & Voltaire-vertoning.

Lees meer HIER.

Storm vir Mosambiek

Sikloon Dineo gaan heel moontlik vanaf laatmiddag amok saai in Mosambiek. Verwag vernietigende winde van tussen 166 km/h en 212 km/ en swaar reën, veral aan die kusgebied van Xai-Xai in die suide tot noordwaarts by Inhambane.

Mpumalanga se rampbestuurspan het al ’n gebeurlikheidsplan begin instel vir die verwagte stormwind en moontlike oorstromings weens reën wat met Dineo gepaardgaan. Na verwagting sal dít die Laeveld teen Vrydag tref.

Lees nou

Jannie du Plessis praat oor sy pa

4 nuusstories vir vandag, 14 Februarie 2017

#SARIEfees is hier!