Heidi Klum FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hieroor praat mense

Dinge wat jy op 40 kan doen wat jy nie op 20 kon regkry nie

Ons verlang terug na ons jonger dae. Ons kyk terug met nostalgie. Maar was dit regtig beter? Blogger Wendy Fontaine skryf op Huffington Post oor die dinge wat sy nou op 40 kan doen, maar wat sy nie as 20-jarige kon regkry nie.

Wendy skryf dat sy nooit weer 20 jaar oud wil wees nie. “Ja, ek was maerder met meer energie en hope vrye tyd. Op 40 het ek meer verantwoordelikhede, meer plooie, en swaartekrag het al sy tol geëis. Maar ek het ook drie dinge wat in my guns tel: selfbeeld, selfvertroue en ’n wonderlike kind.”

Hier is haar lys van goed wat sy nou beter kan doen as toe sy jonger was. Wat sal jy by dié lys voeg?

  1. ’n Lekker bord kos kook
  2. Die waarheid praat
  3. Verby ander se foute kyk
  4. Verby my eie foute kyk
  5. My rekeninge betaal
  6. Na die ginekoloog en sielkundige gaan sonder om skaam te word
  7. ’n Goeie bottel wyn koop
  8. Gelukkig wees vir ander mense eerder as om jaloers te wees
  9. Die trends ignoreer en dit kies wat by my lyf pas
  10. Vir myself opstaan
  11. Ophou wonder of mense dink ek is mooi of nie
  12. Onnodige dramatiese situasies vermy
  13. Makliker ‘nee’ sê

Lees HIER wat is nóg op Wendy se lys

WAT KAN JY NOU BETER DOEN AS TOE JY JONGER WAS? Vertel ons! Deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!