FOTO Twitter

FOTO Twitter

Hieroor praat mense

5 goedvoel-stories

Die wêreld is net vol slegte nuus – of so voel dit. Op byna elke lamppaal lees jy ’n opskrif van moord, dood of korrupsie. Gelukkig is daar altyd ’n lig aan die einde van die tonnel en ’n goedvoel-storie of twee!

Hier’s 5 goedvoel-stories wat jy móét lees:

1. Olimpiese Spele: Alteet val en word gehelp

’n Amerikaanse atleet het Dinsdag ’n besonderse daad gedoen, wat nou as die ware “gees” van die Olimpiese Spele beskryf word. Toe die Nieu-Seelandse atleet Nikki Hamblin tydens die eerste uitdunronde van die 5 000 m skielik val, het die Amerikaanse atleet Abbey D’Agostino bo-oor haar gestruikel.

Abbey het onmiddellik opgestaan, maar Nikki het net bly lê. Die Amerikaanse atleet het toe aan haar skouer gevat en gesê: “Kom, kom jy móét opstaan. Ons moet die wedloop klaarmaak. Dis die Olimpiese Spele, ons móét klaarmaak!”

Abbey, wat haar knie beseer het, het toe vir Nikki opgehelp en haar voor haar laat hardloop. Nikki het tweede laaste geëindig en Abbey heel laaste. Hulle het mekaar ná die wedloop omhels.

Omdat albei gestruikel het, is albei deurgesit na die finaal.

– Lees die volledige storie op ESPN.

2. Polisie maak kos vir eensame bejaardes

Hulle het ’n klag van geraas ontvang. Maar toe die Italiaanse polisie voor ’n woonstel staan, het hulle nie verwag dat ’n bejaarde paartjie die deur sou oopmaak nie.

Jole (84) en haar man, Michele (94) het gehuil oor hulle eensaam was. Die polisie het toe besluit om vir hulle pasta te kook en hulle het die hele aand saam gekuier!

FOTO Facebook/ Questura di Roma

FOTO Facebook/ Questura di Roma

Vir die volledige storie besoek Independent.

3. 91-jarige brei mussies vanuit hospitaalbed

Die afgelope 15 jaar het die Amerikaner Morrie Boogart al 8 000 mussies vir die haweloses in Grandville, Michigan, gebrei. En al lê hy nou in ’n hospitaalbed, is Morrie glad nie van plan om op te hou brei nie.

Die tehuis waar hy bly, Cambridge Manors, het selfs toegelaat dat wol by hulle afgelewer word. Spesiaal vir Morrie!

“Hoekom doen ek dit? Want dit laat my goed voel,” het hy aan CNN gesê.

SKERMGREEP CNN

SKERMGREEP CNN

SKERMGREEP CNN

SKERMGREEP CNN

Lees sy merkwaardige verhaal op CNN.

4. ’n Pa onthou wanneer hy dié lied hoor

Die Engelsman Simon McDermott se 80-jarige pa, Ted, het Alzheimer se siekte en kan niks onthou nie. Maar wanneer hulle na Pat Boone se treffer “Quando, Quando, Quandoluister, kan hy vir ’n oomblik onthou en voluit saam sing.

Simon se video het viral gegaan en gesorg dat £57 000 (sowat R988 553) vir die Alzheimer’s Society in Engeland ingesamel word.

Kyk hoe sing dié twee saam!

5. Siek dogtertjie kry haar eie fotosessie

Vir haar 10de verjaardag het Tiana Leigh van Kaapstad ’n fotosessie met ’n feetjie-tema gekry. Tiana is met ’n seldsame longsiekte gebore en sy is baie sieklik. Om haar lewe bietjie hoop te gee is sy op haar verjaardag heeldag soos ’n supermodel bederf. Haar ma verskyn ook in die foto’s, wat deur Freda Roetjens Photography geneem is.

Kyk die video hier:

Lees nou

Beethoven en Coenie de Villiers het dít gemeen 

En nou, die 300 m vir Usain en Wayde?

Amalia se twee leading men + kom fliek saam!