vinnige nuus7
Hieroor praat mense

5 nuusstories vir vandag, 7 Februarie 2017

Hier is die nuus waaroor almal vandag praat …

Hulde aan Joost

Huldeblyke van sportlui, politici, vriende en familie stroom steeds in vir die Bok-legende Joost van der Westhuizen wat gister tragies gesterf het. Hy word plaaslik en oorsee as een van die grootste rugbyspelers van ons tyd bestempel.

Joost shareable

’n Roudiens vir Joost word Vrydag om 12:30 gehou by Loftus Versfeld in Pretoria waar die stadionvlag halfstok hang vir die Blou Bulle se “groot seun”. Dit sal oop wees vir die publiek.

Stad staal hom vir staatsrede

Pres. Jacob Zuma lewer Donderdag sy staatsrede vir 2017 en politieke kenners voorspel die geleentheid gaan deur “ongekende politieke magsvertoon” aan die kant van die ANC gekenmerk word.

FOTO Gov.za

FOTO Gov.za

Die ANC beplan ’n optog deur die Kaapse middestad en die staatsrede sal die eerste keer regstreeks op groot skerms op die Parade uitgesaai word. Lees meer HIER (agter Netwerk24 se betaalmuur).

Verskeie strate gaan ook gesluit wees. Vind HIER uit hoe dit jou gaan raak.

Lang asems (en arms!) vir liefdadigheid

’n Tennispaar van Kaapstad, Carlos Gomes en Wendy Thompson, het gisteroggend die Guiness-wêreldrekord vir die langste enkelspelwedstryd oortref deur 65 uur lank ononderbroke tennis te speel. Dit was ten bate van Grass Roots Tennis, ’n liefdadigheidsorganisasie wat tennis as sport in townships in die Wes-Kaap bevorder.

Lees meer HIER.

David Beckham se e-pos gekraak

Die oud-sokkermegaster David Beckham se e-posrekening is gekraak en van dié boodskappe het nou op die lappe gekom. Die e-posse tussen hom en sy publisiteitsagent, Simon Oliveira, gaan onder meer oor die feit dat hy oor die hoof gesien is vir ridderskap.

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Sy misnoeë hieroor blyk glo duidelik uit sy taal en dit wil ook voorkom of van sy liefdadigheidswerk net gedoen is met die oog daarop om “sir” genoem te word.

Hy word glo vir $2,5 miljoen (sowat R33,5 miljoen) afgepers met die openbaarmaking van die e-posse.

Die bewerings in die Britse poniekoerant The Sun is nog nie bevestig nie, maar ons hoop voorwaar dis nie alles waar nie …

Lees meer oor dié storie HIER.

Stranger Things 2 op pad

Was jy ’n aanhanger van die eerste seisoen van die Netflix-reeks Stranger Things? Ons hier in die SARIE-kantoor is BAIE opgewonde oor die tweede reeks wat later vanjaar wys. Gaan die gewilde karakter Barbs weer haar verskyning maak? Hier is die eerste voorsmakie van wat ons in die nuwe seisoen kan verwag.

Lees nou

4 interessante nuusstories vir 6 Februarie 2017

#SARIEfees is hier!

Amor: Joost was en is my eerste liefde