national-geographic-100-best-pictures-cover
Hieroor praat mense

5 kinders wat die gesig van ’n stryd geword het

’n Foto vertel dikwels ’n veel groter storie as ’n reeks woorde. Een foto kan dekades later steeds trefkrag hê. Vandag is Wêreld-fotografiedag en ons vier die foto en die fotograaf agter die lens.

Midde-in elke oorlog is daar ongelukkig kinders. En foto’s van dié kinders raak dikwels die simbool van só ’n stryd.

 5-jarige seun van Aleppo, Sirië

Vol as, stof en bloed – sy voetjies raak skaars die eindpunt van die oranje ambulans-stoel. Die 5-jarige Omran Daqneesj het Woensdag die gesig van Aleppo, Sirië, en dié land se vyf jaar lange oorlog geword. Sy huis is een van talle wat in ’n lugaanval verwoes is.

Lees die volledige storie hier.

Hier’s nog foto’s van kinders wat die gesig van ’n stryd geword het:

Die meisie van Afganistan  – Steve McCurry, 1985

national-geographic-100-best-pictures-cover

McCurry het die aangrypende foto by ’n vlugtelingkamp in Pakistan geneem.  En vir jare is hierdie naamlose gesig net onthou as die “Afghan Girl”. In 2002 het McCurry haar uiteindelik weer opgespoor. En ná 17 jaar kon die ongelooflike verhaal van Sharbat Gula vertel word.

Lees die storie op National Geographic.

Die aasvoël en die uitgeteerde dogtertjie – Kevin Carter, 1993

FOTO Kevin Carter

FOTO Kevin Carter

’n Lid van The Bang Bang Club, Kevin Carter, het met sy besoek aan Soedan ’n land gesien wat in hongersnood gedompel is. Kevin se aangrypende en kontroversiële foto het hom ’n Pulitzer-prys besorg.

Besoek Rare Historical Photos vir meer agtergrond.

Die meisie in die foto – Huynh Cong “Nick” Ut, 1972

Op 8 Junie 1972 is Kim Phuc se dorpie deur Suid-Viëtnamese vegvliegtuie aangeval met napalmbomme. Ná Nick Ut foto’s van ’n huilende Kim geneem het, het hy met haar na die naaste hospitaal toe gehardloop, berig CBC.

Kyk die ongelooflike onderhoud wat Kim 43 jaar later gedoen het:

Hector Pieterson – Sam Nzima, 1976

FOTO Sam Nzima

FOTO Sam Nzima

Hector Pieterson was 13 jaar oud toe hy deur die polisie doodgeskiet is tydens ’n betoging deur skoolkinders in Soweto op 16 Junie 1976. Sy liggaam was deur die 18-jarige Mbuyisa Makhubo opgetel en sy suster, Antoinette, het saam gehardloop na die fotograaf Sam Nzima se kar toe.

Lees nou

Wie is Henri Schoeman?
5 goedvoel-stories
Beethoven en Coenie de Villiers het dít gemeen