FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Hieroor praat mense

5 maklike voornemens

Byna die helfte van ons maak elke jaar ’n Nuwejaarsvoorneme. Sowat 75% daarvan is gedoem tot mislukking. Dié 5 voornemens is vinnig en maklik en vergroot jou kans op sukses. 

1) Los die gaskoeldrank

Wetenskaplikes is dit eens dat koeldrank bo-aan die lys is van dinge wat jou gewig laat aansit. Dit bevat sogenaamde “leë energie”, dus net kilojoules (kJ), en geen voedingstowwe nie.

Daar is 9 teelepels suiker in ’n blikkie (sowat 340 ml) versoete koeldrank.

2) Eet iets groen

Jy gaan dit dalk nie regkry om jou dieet drasties te verander nie. Maar probeer om minstens een groen groentesoort soos spinasie of broccoli by jou aand- of middagete te voeg. Groen groentes bevat luteïen, wat goed is vir jou oë.

FOTO: Donna Lewis

RESEP: Beesfilet met gebarste-tamatieslaai FOTO: Donna Lewis

3) Lag meer

Lag diep uit jou maag en jou liggaam stel endorfene, die brein se goedvoel-chemikalieë, vry. Jy voel dan gelukkiger en meer ontspanne, wys Amerikaanse navorsing. As jy net 15 minute lank saam met ander mense na ’n komedie kyk, verhoog jou pyndrempel met sowat 10%.

4) Beweeg

Studies suggereer as jy deur die dag meer beweeg, kan dit jou help om jou doelgewig vinniger te bereik. Mik na 150 minute ’n week. As jou leefstyl nie lang oefensessies toelaat nie, oefen meer gereeld vir kort tye. Klim trappe, staan meer uit jou stoel op en parkeer ver van jou bestemming af. En dit verminder jou risiko vir verskeie kankersoorte.

5) Sweet deur TV-advertensies

Doen opstote en hurke tydens minstens een advertensie-onderbreking per TV-sessie. Dit klink dalk nie baie nie, maar kan tog jou spiere sterker maak. Oefen met ligte gewigte om spiermassa te bou. Behalwe dat dit jou arms mooi ferm maak, verbrand spiermassa ook meer energie (kJ).

Bronne: Charlene Goosen, geregistreerde dieetkundige, Kaapstad (cgoosen.rd@gmail.com), news.health.com