FOTO Instagram @thegrammys

Hieroor praat mense

5 nuusstories vir vandag, 8 Februarie 2017

Interessante nuusbrokkies van oor die wêreld heen vir geselsies by die werk, haarkapper of op daardie eerste afspraak …

Facebook-woorde skok

Dit lyk asof nog ’n naam gevoeg kan word by die lys van mense wat skokkende rassistiese uitlatings op sosiale media maak. ’n Facebook-gebruiker met die naam Riaan Lucas het glo gister “Joost is vrek” geskryf by ’n foto van die Spiderman-akteur Tobey Maguire waarby daar ook staan: “Me when I hear a white man has died. RIP Joost.”

Die Facebook-profiel is intussen gesluit en die vakbond Solidariteit het ’n klag teen die man ingedien by die Menseregtekommissie.

Lees meer HIER.

Mooi, Faf!

Die Protea-kolwer Faf du Plessis het gister op Nuweland 185 lopies van 141 balle aangeteken en só verseker dat sy span hul vierde eendagwedstryd teen Sri Lanka wen. Dis nie net sy hoogste telling in eendagkrieket nie, maar ook die veld se hoogste deur ’n kolwer in ’n internasionale eendagbeurt.

Lees meer HIER (agter Netwerk24 se betaalmuur).

The green and gold .Protea

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on

Madonna se gesin brei uit 

Madonna gaan tóg nog twee kinders uit Malawi aanneem, al het sy dit onlangs nog ontken. Die hooggeregshof in Blantyre, Malawi, het gister toestemming gegee dat sy die vierjarige tweelingsussies Esther en Stella mag aanneem.

Die 58-jarige sangeres het reeds twee ander Malawiese kinders, David Banda en Mercy James (albei 11), aangeneem. Dit was in onderskeidelik 2006 en 2009.

Sy het ook twee kinders van haar eie, Lourdes Ciccone Leon (20) en Rocco Ritchie (16).

Lees meer HIER.

FOTO: Madonna met haar huidige kroos van vier: Mercy, Rocco, David en Lourdes.

 

Starting 2017 with The 4 things that I love the most!

 

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Adele sê nee vir R666 miljoen

Die bekroonde Britse sangeres Adele het ’n kans om die ster in haar eie realiteitsepie te wees en sodoende ’n allemintige R666 miljoen te verdien, van die hand gewys. Sy wil glo haar vierjarige seun, Angelo, sover moontlik uit die kollig hou.

Lees meer HIER.

Detroit, MI / The Palace of Auburn Hills / Sept 6

A photo posted by @adele on

Waterlose Woensdag

Die Kaapse radiostasie Smile (90.4 FM) se Smile Water Warriors het ’n nuwe inisiatief, Waterlose Woensdae, begin. Hulle moedig Kapenaars aan om op Woensdae hul gewone roetine aan te pas en min tot geen water te gebruik nie om sodoende water te spaar.

Volg hul Facebook-blad vir slim idees om water te spaar.

Ons hou baie van dié inisiatief waarby alle Suid-Afrikaners kan baat.

Lees nou

5 nuusstories vir vandag, 7 Februarie 2017

4 interessante nuusstories vir 6 Februarie 2017

#SARIEfees is hier!