SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube

Hieroor praat mense

5 nuusstories waaroor almal praat

Ons almal is besig. En soms loop ons ’n nuusstorie of gebeurtenis sommer heeltemal mis. Hier is vyf nuusstories waaroor mense op die oomblik praat.

1. Ná 27 jaar is vermiste seun se oorskot gevind.

In 1989 is die 11-jarige Jacob Wetterling van St. Joseph, Minnesota, deur ’n gemaskerde man ontvoer. Vir 27 jaar het sy ouers, Patty en Jerry, gehoop dat hul seun van iewers af sou terugkom. En al die jare het inwoners van dié klein dorpie saans hul stoepligte aangehou vir Jacob om sy pad huis toe te vind. Maar Sondag is sy oorskot gevind.

FOTO Wikipedia

FOTO Wikipedia

Sy saak het gelei tot die ontstaan van die 1994-wet Jacob Wetterling Crimes Against Children and Sexually Violent Offender Registration in die VSA.

Danny James Heinrich, ’n verdagte van kinderpornografie, wat ondervra was in die Wetterling-saak, het inligting verskaf wat die polisie na Jacob se oorskot gelei het.

Vir die volledige storie besoek CNN.

2. Italiaanse aardbewing: Hond gered ná 9 dae

Vir 9 dae lank was die golden retriever Romeo onder die puin vasgevang, sonder kos of water, in die klein dorpie San Lorenzo a Flaviano in Italië. Sy mense se huis is verwoes in die aardbewing van sowat twee weke gelede.

FOTO Twitter

FOTO Twitter

’n Week later het sy eienaars en brandweermanne teruggekeer om te kyk of hulle enige besittings kan red. Toe Romeo hul stemme hoor, het hy begin blaf.

Lees sy ongelooflike storie hier.

3. Asteroïed na Queen se Freddie genoem

Gister sou Queen se hoofsanger, Freddie Mercury, 70 jaar oud geword het. Hy is op die ouderdom van 45 jaar aan ’n vigsverwante siekte dood. Die groep se hoof-kitaarspeler, Brian May, wat ’n PhD in astrofisika het, het dié spesiale aankondiging gemaak.

fm_certificate_lg-3ec9064c-5d8b-4d10-808b-108fffa997ea

Kyk Brian se aankondiging hier:

Maar hy is nie al bekende wat vernoem is nie. Die afgelope week is ’n visspesie na die Amerikaanse president, Barack Obama, genoem. Die spesie is ontdek by die Kure-atol in die Stille Oseaan, berig Indian Express.

Vir ander celebs wie se naam ook in die dierewêreld koning kraai, lees hier.

4. British Airways se rekenaarprobleme veroorsaak vertragings wêreldwyd

Eish, gepraat van ’n Blou Dinsdag. Die lugredery British Airways se aanlyn stelsel vir plekbesprekings het tydelik die gees gee. En terwyl hul IT-mense geskarrel het om die probleem op te los, is die een vlug na die ander wêreldwyd vertraag.

Vir die volledige storie, besoek The Guardian.

Twee weke gelede is ’n vlug van die Britse lugredery EasyJet vir anderhalf uur vertraag. Hoekom? Twee lede van die personeel het baklei oor die pak van waterbottels. Dié vlug moes van Londen na Belfast, Ierland, vertrek. Die kaptein het naderhand die mikrofoon gegryp om te verduidelik hoekom die vlug vertraag is, terwyl die twee dwarstrekkerige personeellede van die vliegtuig verwyder is.

Vir die volledige storie, lees Daily Mail.

5. Moeder Teresa tot heilige verklaar

Moeder Teresa is Sondag deur pous Franciskus tot heilige verklaar. Die seremonie het in die Vatikaanstad in Rome plaasgevind en duisende mense het op die St. Pietersplein bymekaargekom vir die geleentheid.

Moeder Teresa is gebore as Agnes Gonxha Bojaxhiu en is in 1997 in Kolkata, Indië, oorlede. Sy was 87 jaar oud.

Die Katolieke Kerk het twee wonderwerke aan Moeder Teresa toegeskryf, die eerste in 2002 en die tweede een in 2015. Albei het met genesing gepaard gegaan.

Vir die volledige storie besoek Netwerk24.

SA Video gaan viral!

Trots Suid-Afrikaans! Dit is die eerste gevoel wat jy kry as jy kyk na die Suid-Afrikaanse choreograaf Rudi Smit se dansvideo wat viral gaan.

Lees en kyk die video hier.

Lees-nou-blocks

SKERMGREEP YouTube

Lees nou

VIDEO: 100 jaar van swemklere op lyf geverf

Oud-Springbok trek saam met gesin Engeland toe

Honde kan verstaan wat jy sê!