FOTO iStockphoto

Hieroor praat mense

5 vreemde en fassinerende feite

Die wêreld is vol fassinerende feite. Maar soms is daar dinge wat jou ore net nie wil glo nie. Op hierdie dag is daar 5 vreemde feite wat jy eenvoudig móét weet.

1. David Cameron en Kim Kardashian is verlangs familie

Ja, die koningin van selfies en die voormalige Britse premier is op een of ander vreemde manier familie van mekaar. Hoewel Cameron nog nooit haar realiteitsreeks, Keeping Up With The Kardashians, gekyk het nie, is hy die Kardashians se 13de kleinneef! Lees meer in The Telegraph.

FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

 

2. Coca-Cola se slaapwater!

Wie sou ooit kon dink dat Coca-Cola met slaap geassosieer sal word? En tog, die maatskappy het vanjaar in Japan water bekend gestel wat mense sal help om te slaap. Volgens BBC is die werksure in Japan langer as die aantal ure wat aan slaap bestee word. Juis daarom is slaapwater ontwikkel, berig Rocketnews 24.

Kyk die advertensie hier:

 

3. Roomys vir babbelas

Suid-Korea, die land in Asië waar mense die meeste alkohol drink, het ’n roomys ontwerp wat glo jou babbelas verlig. Die roomys, Gyeondyo-bar, smaak soos druiwe en bevat die sap van die Hovenia dulcis-boom. Dié sap word glo sedert die 1600’s gebruik om babbelas te bekamp, berig Vice.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

 

4. Verkope van gedrukte boeke styg

Verlede jaar het Sky News berig dat gedrukte boeke se verkope met vier miljoen gestyg het! Aan die ander kant het die syfers van digitale boeke weer gedaal. Lees die volledige storie hier.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

 

5. In 2050 sal daar minder visse as plastiek in die see wees 

’n Studie het bevind dat daar teen 2050 meer plastiek as visse in die see gaan wees, berig Al Jazeera.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Lees nou

7de Laan: Wie’s weg en wie bly?

Beste pannekoekresep nog! PLUS 5 bekendes vertel

Hulle vlieg sonder petrol & SA’ner ’n Avonturier van die Jaar 2016!