FOTO Instagram / @channingtatum

FOTO Instagram / @channingtatum

Hieroor praat mense

5 vreemde feite

Die wêreld is vol fassinerende feite. Maar soms is daar dinge wat jou ore net nie wil glo nie. Op hierdie heerlike lentedag is daar 5 vreemde feite wat jy eenvoudig móét weet.

1. Daar is vier soorte kameelperde

Jy lees reg! Navorsing wat in die wetenskapsjoernaal Current Biology gepubliseer is, het bevind dat daar vier soorte kameelperde in Afrika voorkom. Daar is ook bevind dat dié vier kameelperdspesies nie met mekaar paar nie. Oor die jare het die wêreld se kameelperdbevolking van 150 000 tot net so onder 100 000 afgeneem.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Lees meer op CNN.

2. Die laaste keer dat Frankryk ’n guillotine gebruik het …

Die moordenaar Hamida Djandoubi is in 1977 met ’n guillotine tereggestel – dieselfde jaar waarin die eerste fliek in die Star Wars-reeks, A New Hope, begin wys het! In 1984 is die guillotine amptelik in Frankryk verban.

Lees meer hier.

Star wars

3. Die olifant en die dassie is familie van mekaar!

Met die weer wat warmer word, is dit tyd om Tafelberg in Kaapstad te besoek. En veral op dié berg bak dassies graag op die klippe. Maar het jy geweet dat dié diertjie en die grootvoet verwante is? Studies het bevind die naaste lewende familielid van die olifant is die dassie! Lees meer hier.

FOTO Instagram / @robhgreen

FOTO Instagram / @robhgreen

4. Vingerlek-lekker – letterlik!

Onlangs het SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, die “geheime” KFC-resep, wat glo uitgelek het, getoets. Maar daar is mense wat so gek is na dié smaak dat KFC selfs naellak met die geur ontwerp het. Wanneer jy dit lek, proe jy die geheime geure.

gallery-1462416074-kfc-nail-polish-2

FOTO KFC

Lees meer oor dié naellak hier.

5. Channing Tatum was in Ricky Martin se She Bangs-musiekvideo

Toe nog onbekend en net 20 jaar oud het Channing agter die kroeg gedans van Ricky se musiekvideo. Jy kan hom vlugtig vang rondom 1:04, 1:31, en 2:59!

FOTO Instagram / @channingtatum

FOTO Instagram / @channingtatum

Lees nou

7 vreemde en fassinerende feite

Celebs se vreemde diëte

Raak só ontslae van vreemde kombuisreuke