kar

FOTO: Justin Badenhorst

Hieroor praat mense

5 truuks om petrol te spaar!

Hoewel brandstofverbruikers nie hierdie prysverhogings kan keer nie, is daar tog maniere om jou brandstofgebruik tot die minimum te beperk.

1. Skakel jou enjin af as jy vir meer as 30 sekondes stilstaan.

2. Maak seker dat die druk in jou bande korrek is – jy kan tot 6% meer brandstof gebruik as jou bande nie styf genoeg gepomp is nie.

3. Gaan so vinnig as moontlik deur jou ratte tot by die hoogste een. Hoe laer die rat, hoe meer petrol gebruik jy.

4. Het jy werklik daardie lugversorger nodig? Jy kan tot 10% meer petrol gebruik in swaar verkeer as jou lugversorger aangeskakel is.

5. Laat diens jou motor gereeld, want ’n enjin wat nie goed ingestel is nie, gebruik tot 50% meer brandstof.

BRONNE: AA, 10 000 Tips: How to Do Almost Everything deur Katherine Sorrell, Quercus, 2012.

Lees nou

Spaar soos ’n millennial!

’n Spaarplan vir jou – spaar só R13 780 in ’n jaar