FOTO Unsplash / Aditya Romansa

Hieroor praat mense

50 babaname wat verbied is

Dis meestal bekendes wat aardige name uit ’n hoed ruk vir hul bloedjies. Dink maar aan Kim Kardashian en Kanye West se North en Saint. Of Jamie Oliver se jongste, River Rocket. En tog is daar lande in die wêreld wat sekere name verbied het. 

Volgens Business Insider is dit veral die volgende 10 lande:

Denemarke

In Denemarke is daar 7 000 goedgekeurde name. En wanneer jou keuse nie een van dié 7 000 is nie, moet jy dit laat goedkeur. Maar daar is vyf name wat jy eerder op jou maag kan skryf, want dis ’n reuse-aikôna.

Jakobp

Monkey

Pluto

Anus

Ashleiy

FOTO Unsplash/ Lubomir Manzheley

FOTO Unsplash / Lubomir Manzheley

Frankryk

Die Franse hof het die reg om ’n babanaam af te keur indien hulle voel dit sal lei tot ’n lewenslange gespottery.

Nutella

Strawberry

Deamon

Prince William

Mini Cooper

FOTO Unsplash / Sebastien Hamel

FOTO Unsplash / Sebastien Hamel

Duitsland

Dié land sit sy voet neer as dit by babaname kom. Ouers mag nie vir hul kinders name van objekte, vanne of geslagsneutrale name gee nie. En dié name is veral buite die kwessie.

Adolf Hitler

Osama Bin Laden

Matti

Kohl

Stompie

FOTO Unsplash / Amanda Jordan

FOTO Unsplash / Amanda Jordan

Nieu-Seeland

Selfs die Kiwi’s sit hul voet neer vir vreemde name. Hier’s vyf wat nie geduld word nie.

Talula Does The Hula From Hawaii (Ja, jy lees reg.)

Lucifer

Fat Boy

Sex Fruit

Cinderella Beauty Blossom

– Vir nog name wat verbied is, besoek Business Insider.

Lees nou

#9tot5: Leer op LinkedIn – dié week gratis!

Só bly Japannese vroue jonk en maer

Wenfoto van Wildfotograaf