FOTO Instagram / @yazemeenah

FOTO Instagram / @yazemeenah

Hieroor praat mense

60-jarige skitter as swembroekmodel – dis haar geheim

Ouderdom is net ’n nommer én skoonheid word beslis nie aan ’n nommer gekoppel nie. Dink maar aan die Britse aktrises Helen Mirren (71) en Judi Dench (82). Beeldskoon, elegant en in die kol!

Op 60-jarige ouderdom straal die Franse model en ouma van twee Yazemeenah Rossi behoorlik. En om te dink sy is eers op 45 raakgesien. Volgens The Telegraph behou sy haar jeugdige voorkoms deur bloot gesond te eet. Sy volg geen bisarre dieet nie maar bly weg van laevet-, mikrogolf-, voorafbereide of verwerkte kos. Sy oefen minstens 30 minute elke dag en doen die afgelope 30 jaar al joga.

#breakfast#steamed#shrimps#seaweedsalad #organic#avocados#homemademayonnaise #healthychoices #fitnessdiet#healthyfood#

A photo posted by Yazemeenah Rossi (@yazemeenah) on

Een keer per week skrop sy haar liggaam met ’n mengsel van olyfolie en suiker.

Maar Yazemeenah sê dis belangrik om jou liggaam te geniet en nie onnodig druk op jouself te plaas nie.

Kyk net hoe beeldskoon is dié 60-jarige:

#nude#pink#silk#lingerie#iphoneonly#selfportrait #stillfromvideo #autoportrait #classic #beauty @hoteldiplomatsthlm

A photo posted by Yazemeenah Rossi (@yazemeenah) on

Good morning! #iphoneonly #selfportrait#nofilter #noretouch #nomakeup#natural#naturallight#smilewithootbraces#wakeupmood# A photo posted by Yazemeenah Rossi (@yazemeenah) on

Nóg ouer modelle …

Op 80-jarige ouderdom loop die Japannees Deshun Wang steeds op die loopplank.

Kyk bietjie hier:

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk se ma het verlede jaar op 68 ’n modelkontrak onderteken. Maye Musk doen die afgelope vyf dekades al modelwerk, het in talle Revlon-advertensies verskyn en selfs in Beyoncé se musiekvideo Haunted gespeel.

Lees nou

VIDEO: Mopshond se pamperlang #Ontspan

Nicole Kidman se rok laat die koppe draai

Emma Stone doen dit weer