stockvault-hi-jacking-hotspot-sign133568
Hieroor praat mense

7 reëls as jy gekaap word 

Dis iets waaraan min van ons wil dink, maar as dit die dag met jou gebeur, moet jy voorbereid wees: Wat doen jy as jou motor gekaap word?

Volgens die SAPD is motorkapings is aan die toeneem, wat beteken ons almal moet op ons hoede wees. 

Wanneer jy deur ’n kaper gekonfronteer word, probeer om die volgende te doen:

1) Bly kalm

2) Moenie stry nie

3) Moenie vinnige bewegings maak nie

4) Vermy oogkontak, maar probeer kenmerke onthou waaraan hy of sy uitgeken kan word

5) Voldoen aan die kaper se versoeke (binne rede)

6) Probeer so vinnig moontlik van die area wegkom

7) Moenie ’n held wees nie. Jou lewe is meer werd as jou motor.

*Inligting verskaf deur Dialdirect.

Lees nou

14 wenke om ’n kaping te voorkom