FOTO iStockphoto

FOTO iStockphoto

Hieroor praat mense

7 vreemde en fassinerende feite

Die wêreld is vol fassinerende feite. Maar soms is daar dinge wat jou ore net nie wil glo nie. Op hierdie koue wintersdag is daar 7 vreemde feite wat jy eenvoudig móét weet.

1. David Cameron en Kim Kardashian is verlangs familie

Ja, die koningin van selfies en die voormalige Britse premier is op een of ander vreemde manier familie van mekaar. Hoewel Cameron nog nooit haar realiteitsreeks, Keeping Up With The Kardashians, gekyk het nie, is hy die Kardashians se 13de kleinneef! Lees meer in The Telegraph.

FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

 

2. Australië wen die Quidditch-wêreldbeker

Jy’s nie besig om ’n bladsy uit JK Rowling se Harry Potter-reeks te lees nie. Op 25 Julie het die Australiese span in Duitsland gewen. Quidditch word nou al vir meer as ’n dekade wêreldwyd gespeel. Die reëls wat JK Rowling opgemaak het vir die Harry Potter-boeke is aangepas sodat muggles – dis nou ons gewone mense sonder towerkrag – dit ook kan speel. Pleks van vlieg, hardloop die spelers met besemstokke tussen hul bene rond. Die hele doel is om die golden snitch te vang. Lees die volledige storie op Herald Sun.

FOTO Facebook /Progress Leader

FOTO Facebook /Progress Leader

 

3. Grammy-wenner Rihanna gaan bekende Hitchcock-karakter vertolk

As ode aan die regisseur Alfred Hitchcock se Psycho gaan Rihanna die bekende en gillende Marion Crane vertolk in die reeks Bates Motel. In 1960 het dié rolprent se ikoniese storttoneel talle mense se nekhare laat rys. Maar nou gaan Rihanna se gil oor televisies weergalm. Vir die volledige storie, lees Variety.

Psycho_(1960)

 

4. Coca-Cola se slaapwater!

Wie sou ooit kon dink dat Coca-Cola met slaap geassosieer sal word? En tog, die maatskappy het vanjaar in Japan water bekend gestel wat mense sal help om te slaap. Volgens BBC is die werksure in Japan langer as die aantal ure wat aan slaap bestee word. Juis daarom is slaapwater ontwikkel, berig Rocketnews 24.

Kyk die advertensie hier:

 

5. Roomys vir babbelas

Suid-Korea, die land in Asië waar mense die meeste alkohol drink, het ’n roomys ontwerp wat glo jou babbelas verlig. Die roomys, Gyeondyo-bar, smaak soos druiwe en bevat die sap van die Hovenia dulcis-boom. Dié sap word glo sedert die 1600’s gebruik om babbelas te bekamp, berig Vice.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

 

6. Verkope van gedrukte boeke styg

Die afgelope week het Sky News berig dat gedrukte boeke se verkope met vier miljoen gestyg het! Aan die ander kant het die syfers van digitale boeke weer gedaal. Lees die volledige storie hier.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

 

7. In 2050 sal daar minder visse as plastiek in die see wees 

’n Onlangse studie het bevind dat daar teen 2050 meer plastiek as visse in die see gaan wees, berig Al Jazeera.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Lees nou

7de Laan: Wie’s weg en wie bly?

Beste pannekoekresep nog! PLUS 5 bekendes vertel

Hulle vlieg sonder petrol & SA’ner ’n Avonturier van die Jaar 2016!