dsc_0096_high_res
Hieroor praat mense

‘7de Laan’ vier 3 000ste episode

Suid-Afrika het dadelik verlief geraak op die 7de Laan-karakters toe die eerste episode 14 jaar gelede uitgesaai is. Deur die jare het Hilda en Oubaas, Felicity en haar boetiek, Maria met haar alewige planne,  en Altus se bemarkingsmaatskappy deel van baie Suid-Afrikaners se lewens geword. Om nie eers van al die liefdesdrama en -driehoeke te praat nie!

En op 9 Mei het dié sepie hul 3 000ste episode uitgesaai.

Die vervaardiger Danie Odendaal het die idee vir 7de Laan gekry nadat hy sy gunsteling koffiewinkels in die Johannesburg-omgewing besoek het. Dis hoekom 7de Laan afspeel in en om Oppiekoffie, ‘n koffiewinkel in die fiktiewe voorstad Hillside, wat soortgelyk aan Melville in Johannesburg is.

Hoewel daar nie iets anders aan die 3000ste episode was nie, vier almal agter die skerms in dié sukses. Die span en spelers het met koek en sjampanje gevier op die opnamedag maar hier’s die eintlike partytjie se foto’s!

“Ons span is baie opgewonde oor die bereiking van hierdie mylpaal. Baie televisiereekse haal nie eers episode 1000 nie,” sê Tsholofele Modise, 7de Laan se Bestuurder: Publisiteit en Openbare Betrekkinge.

FOTO’s: Jacques Liebenberg

Simoné Nortmann, Werner Coetser, Zetske van Pletsen en Andrea Streso

Heino Schmitt en sy vrou, Beau-Ann

Matrone en ons haarstilis, Morné Marx alias Boy George doen ‘n paar air kisses

Simoné Nortmann en Andrea Streso

Groepfoto met Melanie du Bois

Annie Basson (vervaardiger), Colin Howard (lynvervaardiger), Thandi Ramathesele (vervaardiger) en Danie Odendaal (baas van die plaas) by die heerlike rooifluweelkoek wat vir die geleentheid gebak is.

Groepfoto.

Op die dansvloer