FOTO: Instagram @littlemrspottz

FOTO: Instagram @littlemrspottz

Hieroor praat mense

9 dinge om jou besig te hou tydens beurtkrag

Daar is min dinge wat jou moed só vinnig in jou skoene laat sak soos wanneer beurtkrag jou onverhoeds betrap. Dit hoef egter nie tye van skarrel en skree te wees nie, hou dié aktiwiteite op jou lysie van doendinge vir wanneer jy weer sonder krag is.

1. Speel as gesin saam ’n bordspeletjie of speelkaarte.  

2. Verbreek die gewone roetine en gooi ’n vleisie op die kole, al is dit ’n weeksaand.

3. Waardeer die sterre. Gooi ’n kombers op die grasperk oop en lê en kyk na die pragtige sterre wat mens nooit kan sien wanneer die krag aan is nie.

4. Gebruik die tyd om te ontspan. Moenie rondskarrel om alles gedoen te kry in die donkerte nie, sit en haal diep asem. Jy sal jou take vinniger gedoen kry wanneer die krag weer aan is.

5. Haal verlore slaap in. As jy altyd moeg is en kla oor jy te min slaap, is dit die ideale geleentheid om in die bed te klim en ’n paar ure ekstra slaap in te kry.

6. Wees romanties. Gebruik die tyd om met jou man te gesels, saam te lag en jul romanse weer te laat vlamvat.

7. Haal jou brei- en hekelpenne uit. Deesdae is dit weer hoogmode om te brei en hekel. Stof jou tegnieke af en begin ’n lekker kreatiewe projek. Jy sal nie kan wag vir beurtkrag nie! Maak seker jy koop die SARIE kreatief wat nou op die rak is saam met die Julie-uitgawe van SARIE. Dit word as ’n dubbelpak verkoop teen R85.

8. Lees die nuutste uitgawe van SARIE op jou tablet. Laai dit hier af.

9. Neem ’n lekker lang borrelbad en ontspan in die donkerte en die lekker warm water.

Lees ook