Videogreep: Youtube

Hieroor praat mense

Beagles loop vir die eerste keer op gras ná ’n lewe in laboratoriums

Hierdie nege beagles (jaghonde) het hul lewens in hokke deurgebring, blootgestel aan laboratoriumtoetse, totdat die Beagle Freedom Project hulle kom red het. Dié video wys hoe hulle vir die eerste keer gras onder hul pote voel.

Laboratoriums gebruik meestal beagles om produkte te toets omdat dié honde so vriendelik en mak is en mense maklik vertrou. Dit is goedkoop om hulle te voer en hulle pas maklik aan by die lewe in ’n hok. Dis hartseer dat mense dié saggeaarde diere só misbruik.

Die Beagle Freedom Project bevry mishandelde beagles en vind vir hulle huise waar hulle baie liefde en aandag sal kry. Maar eers kry hulle elkeen ’n naam wat die onpersoonlike identiteitsnommer om hul nek vervang.

Die video wys hoe die hondjies vir die eerste keer sonlig sien en dan ook hul eerste treë op gras gee. Hulle klou styf vas aan die mense wat hulle dra, maar raak vinnig gewoond aan die sagte oppervlak, hul nuwe vriende en al die ruimte waarin hulle skielik kan rondhardloop.

  • Erika

    So hartseer.