FOTO: Facebook SAVF Klerksdorp - Maatskaplike Kantoor en Atamelang Jeugsorg Sentrum

FOTO: Facebook SAVF Klerksdorp - Maatskaplike Kantoor en Atamelang Jeugsorg Sentrum

Hieroor praat mense

9-jarige in Klerksdorp gevind PLUS 8 goed om vir die polisie te sê as jou kind ontvoer is

Die 9-jarige Samantha Slabbert wat Vrydag in Klerksdorp by haar skool se sportgeleentheid ontvoer is, is uiteindelik gevind!

Die Pink Ladies, ’n organisasie wat help om vermiste mense op te spoor, het pas op Facebook aangekondig dat Samantha gevind en ongedeerd is.

Ons is baie bly!

Cartrack het verlede jaar in samewerking met Missing Children SA dié nuttige inligting gegee:

Onthou dat jy nie 24 uur hoef te wag voor jy ’n vermiste kind aanmeld nie. Buiten ’n onlangse foto, gee ook:

  • Die kind se volle naam
  • ’n Beskrywing van die kind
  • Die kind se oogkleur
  • Die kind se haarkleur en haarstyl
  • Die kind se lengte
  • Die kind se gewig
  • Inligting oor kenmerkende merke op die kind soos geboortemerke, littekens, ens.
  • Waar die kind die laaste keer gesien is en watter klere die kind aangehad het

Die feite is skrikwekkend, met ’n meerderheid (69%) van aangemelde vermiste kinders tussen 13 en 17 jaar oud, gevolg deur kinders tussen 7 en 12 (18%), en 13% vir kinders van geboorte tot sesjarige ouderdom.

Al is die statistieke skokkend, is kennis magtig: Ouers moet hul kinders leer hoe om veilig te bly. Van die belangrikste dinge is dat kinders nie met vreemdelinge moet praat of enigiets moet aanvaar wat hulle kan lok nie, soos lekkers, hondjies of ’n belofte van ’n pret-uitstappie na byvoorbeeld ’n temapark.

Kinders moet ook geleer word dat hulle nooit by die skool of enige veilige plek afgehaal sal word deur iemand wat hulle nie ken nie. Ouers kan ’n kodewoord kies wat hulle net met hul kinders moet deel. Kinders kan dié kodewoord gebruik wanneer hulle voel dat die persoon wat hulle wil oplaai ’n potensiële risiko is. As dié persoon die verkeerde woord gebruik, sal kinders weet dat hulle nie saam met die mens moet gaan nie en na die naaste veilige plek moet soek.

Lees meer oor Cartrack se Missing and Found-veldtog HIER en HIER.

Lees meer op Netwerk24 HIER