FOTO Unsplash / Bonnie Kittle

FOTO Unsplash / Bonnie Kittle

Hieroor praat mense

9-jarige red boetie se lewe

Tila Levi, ’n ma van vyf van Florida in die VSA, het vinnig weggedraai ná sy haar 11 maande oue seuntjie, Eitan, se skoon doek aangesit het. Eitan het in dié 3 sekondes agter sy ma se rug van die aantrektafel afgerol.

Gelukkig het ouboet Joseph (9) gesien Eitan gaan val en vinnig geduik om hom te vang.

Dié video is op ’n kamera in die kamer opgeneem en is reeds meer as 50 miljoen keer gekyk.

Tila vertel aan Us Weekly“Dis nie my trotse oomblik as ’n ma nie, maar ek wil bewustheid kweek van hoe vinnig jou lewe kan verander as jy jou rug draai.”

En klein Joseph se held-status het nie na sy kop gegaan nie. Toe hy enige geskenk as prys kon kies, het hy gesê: “Waarvoor? Om my broer te red? Ek kort nie ’n geskenk daarvoor nie.”

Lees die volledige storie op Us Weekly.

Lees nou

SA krieketheld skryf outobiografie

VIDEO: Wat as al ons geliefde aksiehelde meisies was?

FOTO’S: Gestremde kinders geklee as superhelde