FOTO Twitter / @itsjuniorj

Bekendes

#9tot5: Helen Mirren, Will Ferrell motiveer nuwe graadvangers!

Kry ’n hupstoot vir jou motiveringsvlakke! Gradeplegtighede in Amerika lewer van die beste toesprake op om die nuut gegradueerdes die toekoms in te stuur. Luister hier na ons drie gunstelinge vir 2017 – gelewer deur komediant Will Ferrell en Oscar-wenners Octavia Spencer en dame Helen Mirren. Dis beslis nie net vir dié wat pas uit die universiteit gestap het nie …

Fast Company het hul lys van top-toesprake by Amerika se gradeplegtighede in 2017 bekendgemaak. Hier is óns gunsteling-sprekers.

Sit jou oorfone aan en luister, miskien is dit nét die motivering wat jy nodig het.

Will Ferrell by die Universiteit van Suid-Kalifornië

Tussen die grappe deur het Will vertel van die harde pad wat hy moes stap om ’n suksesvolle komediant te raak. Hy het sy “gut” gevolg. Will sê jy moet nooit bang wees wanneer jy jou droom volg nie. Hy word steeds bang, maar sy vrees is nooit groter as die vraag “wat as?” nie.


Helen Mirren by die Tulane-universiteit, New Orleans

Hier’s dame Helen se 5 reëls vir ’n gelukkige lewe:

1. Moenie haastig wees om te trou nie en gee jou lewensmaat die vryheid en ondersteuning om hulle eie drome te volg.

2. Elke liewe mens verdien dieselfde mate van respek en ruimhartigheid.

3. Ignoreer mense wat jou oordeel op grond van jou voorkoms.

4. Moenie laat vrees jou beheer nie.

5. Moenie dinge onnodig kompliseer nie.

Octavia Spencer by die Kent-staatsuniversiteit, Ohio

Die Oscar-wenner het in haar toespraak beklemtoon dat jy nie vasgevang moet word in die “trap of comparison” nie. Sy sê: “Deur jouself te vergelyk met ander se suksesse vertraag jy net jou eie suksesse”.

Lees nou

Belê geld sonder om eers te dink!

#9tot5: Haal hierdie woorde uit jou CV uit!

Riri word deur Harvard vereer! En luister hoe inspirerend praat sy …