YouTube

YouTube

Hieroor praat mense

Aangrypende foto’s: ’n Jaar met kanker

Die 50-jarige Jennifer Glass is met longkanker gediagnoseer net ná haar troue, maar sy het besluit om nie te gaan lê nie. Sy het aanhou veg én iets positief daaruit geskep.

Sy en Harlen Seymour was pasgetroud toe sy dié diagnose ontvang. Haar spesifieke longkanker se diagnose het nie goed gelyk nie – net 5% van mense wat daarmee gediagnoseer is, oorleef vir langer as 5 jaar. En dít het haar geruk.

En toe begin sy haar blog. Sy skryf in haar eerste inskrywing:

Om te lewe met kanker beteken om te leef. Kanker is nou deel van my lewe. Maar dit beketen nie dít is my lewe nie. Dit is soos die verkeer – ’n onaangename realiteit wat gewoonlik hanteerbaar is, maar baie ontwrigting veroorsaak. Sekere dae moet ek net besef dat ek in die stadige baan is …

Sy het op haar blog oor die goeie dae en die slegte dae (die dae in die stadige baan) geblog. Haar man, Harlan, het ook elke dag vir ’n jaar ’n foto van haar geneem om haar reis vas te vang.

In dié video van die foto’s kan jy sien sommige dae is beter dae as ander.

Jennifer het dadelik met chemoterapie en bestraling begin. Die gewas is nog nie heeltemal weg nie, maar is nie meer kwaadaardig nie. Sy ontvang nog voorkomende chemoterapie sodat die kanker nie na ander dele van haar liggaam versprei nie.

Lees Joyce Kuter se borskankerblog: “My kosbare ure” hier

Luister na ’n inspirerende boodskap van Jennifer hier:

Bronne: Jennifer se blog op Parade; Linda.nl

SARIE-leser vertel

SARIE-leser Mari Immelman se skoonma, Elsa Immelman, is byna 73 jaar oud. Daar is verlede jaar ’n gewas op haar nier opgemerk. Mari vertel dat hul harte in hul skoene was. Sy is geopereer om haar nier, milt én die gewas te verwyder.

Binne ’n week was dié 72-jarige ontslaan en positief oor die lewe. Met haar seun en Mari se troue minder as ’n jaar ná die groot operasie was sy die een wat laaste op die dansbaan was.

Elphia Lotze (dogter), Elsa Immelman, Ferdi en Mari Immelman (seun en skoondogter) FOTO: Bronwyn Michelle Photography

Elphia Lotze (dogter), Elsa Immelman, Ferdi en Mari Immelman (seun en skoondogter)
FOTO: Bronwyn Michelle Photography

Haar mees onlangse uitslae wys geen teken van die kanker nie. “Sy is ’n inspirasie en bewys dat positiewe ingesteldheid en gebed wonderwerke kan laat gebeur,” vertel Mari.

Het jy ’n inspirerende storie wat jy wil deel? Stuur dit aan lucelle.hough@sarie.com.