FOTO Instagram / @cubs

FOTO Instagram / @cubs

Hieroor praat mense

Aanhouer wen: Span wen liga ná 108 jaar

Aanhouer wen. Elke hond kry sy dag. Wie nie waag nie, wen nie. Dís hoe die Chicago Cubs, ’n bofbalspan, ná gister se sege in die Amerikaanse wêreldliga beskryf kan word. Hoekom? Hulle het vir die eerste keer in 108 jaar dié liga gewen!

Vir getroue Cubs-ondersteuners was dit ’n emosionele dag. Die Cubs het immers bekend gestaan as die lovable losers omdat hul aantal ondersteuners bly groei het al het hulle net verloor, berig Rolling Stone. Selfs die bekende akteur Bill Murray, ook ’n Cubs-aanhanger, kon nie sy vreugde beteuel nie!

Kyk net hoe bly is ou Bill – ons kan hom nie kwalik neem nie:

En hier’s die hoogtepunte:

Kyk net die ondersteuners se reaksie:

Dis nou vir jou ’n voorbeeld om nooit moed op te gee nie!

Lees nou

Wat laat “die wêreld se lelikste vrou” mooi voel?

Pat is lief vir rugby, sê vroulief Kate

Prins Harry se Meghan Markle: 5 goed