bic
Hieroor praat mense

Kontroversiële Vrouedag-advertensie: Publiek reageer op Bic-debakel

Hulle sê mos die pen is magtiger as die swaard. In die geval van die Bic-debakel is dit beslis die waarheid! 

Die skryfbehoeftemaatskappy Bic het op 9 Augustus Vrouedag herdenk met die kontroversiële advertensie: “Lyk soos ’n meisie. Tree op soos ’n dame. Dink soos ’n man. Werk soos ’n baas,” lees dit.

bic

Kritiek het op sosiale media ingestroom, selfs ná die maatskappy die advertensie verwyder het.

Bic het gister op Facebook om verskoning gevra: “Haai, almal. Kom ons begin deur te sê dat ons verskriklik jammer is dat ons almal aanstoot gegee het. Dit was nooit ons bedoeling nie, maar ons verstaan heeltemal waar ons verkeerd gegaan het … Die terugvoer wat ons ontvang het, sal verseker dat so iets nooit weer sal gebeur nie, en ons waardeer dit.”

Bekendes en Jan Alleman kap op sosiale media terug