FOTO Twitter @BlueAlertUs

FOTO Twitter @BlueAlertUs

Hieroor praat mense

Laaste reddingshond van 9/11 is oorlede

Bretagne, ’n 16-jarige Amerikaanse reddingshond, is Maandag in Houston, Texas oorlede. Die golden retriever was deel van die reddingspanne wat hulle na New York gehaas het ná die terreuraanvalle op 11 September 2001. Sy was die laaste oorlewende van die honde in dié reddingspanne. 

Lugdiens help honde vlug voor vlamme

Op die ouderdom van twee jaar oud was sy een van die honde wat vanoor die hele Amerika na New York gereis het om die puin van die World Trade Center te deursoek vir oorlewendes. Bretagne (uitgespreek Brittany) en haar eienaar, Denise Corliss, het 10 dae saam met ander reddingspanne op Ground Zero gewerk.

Bretagne se dood is bevestig deur die reddingspan Texas Task Force 1 en die brandweerdepartement van Harris County in Texas. Reddingsbeamptes het ’n erewag gevorm by die ingang van die veearts om hul laaste eerbetoon te bewys aan Bretagne.

Die golden retriever het reeds op die ouderdom van nege jaar afgetree, maar sy was steeds aktief in die gemeenskap. Sy het eenmaal per week ’n laerskool besoek om graadeen-leerders te help lees en natuurlik ’n kopvryf te kry.

’n Amerikaanse vlag is Maandag oor Bretagne se kis gedrapeer op pad na haar laaste rusplek.

 Kyk ’n video van die geliefde retriever hier:

Bronne: The New York Times, The Atlantic

Lees nou

Die oulikste hondekruisings