FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Hieroor praat mense

SARIE-leser skryf uit Nieu-Seeland oor aardbewing

Verskeie reddingspogings is aan die gang om toeriste en inwoners na veiligheid te bring. Liesl du Toit, ’n voormalige skoonheidsassistent by SARIE, en haar lewensmaat woon die afgelope 6 maande in Auckland, Nieu-Seeland. Sy gee ’n kort oorsig oor die situasie daar ná die aardbewing.

“Die dorp wat die meeste geraak is, is Kaikoura aan die ooskus van die Suid-eiland. Daar is op die oomblik reddingspogings aan die gang om inwoners en toeriste daar uit te kry, want die paaie is verwoes.

Die voormalige All Black-rugbykaptein Richie McCaw, ’n helikoptervlieënier, help ook. In ander dele van die land waar die aardbewing ’n effek gehad het, soos Wellington, is baie ondernemings gesluit tot tyd en wil ingenieurs die geboue kan inspekteer vir veiligheid.

Die gemoed is maar swaar, omdat Nieu-Seeland net 6 jaar gelede ook deur erge aardbewings getref is. Skoolkinders is tans besig met eksamens en baie moes die oggend steeds gaan eksamen skryf ná die aardbewings vroegoggend gebeur het. Daar is wel ook ’n oorweldigende gevoel van simpatie en ondersteuning. Tot die omvang van die skade bepaal is, is daar nog nie veel wat gedoen kan word nie.

Auckland, waar ons woon, is gelukkig nie deur die aardbewing geraak nie.”

Lees nou

SARIE-leser uit België: “Dank vader dit het maar nou gebeur”

SARIE-leser vertel van haar Casanova-bedrieër PLUS ken só sulke mans uit

’n Afrikaanse brief uit Amerika