FOTO Instagram / @theyearnalist

Hieroor praat mense

Argentinië en Spanje het ook ’n Kate Middleton

Die hertogin van Cambridge kan in drie woorde opgesom word: beeldskoon, jonk en stylvol. Maar dis nie net Brittanje wat met hul Kate Middleton kan spog nie. Nee, Spanje en Argentinië het elk ook ’n Kate! En nes die hertogin loop hulle oor van klassieke styl.

Spanje

Olé, señorita! Die Spaanse koningin, Letizia Ortiz Rocasolano, en haar man, koning Felipe VI, is al byna drie jaar op die troon. Voor haar koninklike status was Letizia ’n bekroonde joernalis. Deesdae kan haar elegante styl enige voorblad haal.

Los reyes acuden al cumpleaños de Guillermo de #Holanda.

A post shared by H.R.M. Queen Letizia of Spain (@queenletizia) on

Argentinië

Juliana Awada is sedert 2015 die eerste vrou van Argentinië. Haar man, Mauricio Macri, is die land se 53ste president. Juliana laat beslis die koppe draai as sy by ’n vertrek instap. Nie net kan jy haar deur ’n ring trek nie, maar sy is beeldskoon ook.

Conversando con su Majestad la Emperatriz Michiko.

A post shared by Juliana Awada (@juliana.awada) on

Recibiendo en la Casa Rosada a la Primera Dama de Italia, Laura Mattarella. 🇦🇷🇮🇹

A post shared by Juliana Awada (@juliana.awada) on

Vroeër vanjaar het Juliana en haar man die koninklike egpaar van Spanje ontmoet, en natuurlik is sy en Letizia saam afgeneem. Lyk of hulle baie in gemeen het!