FOTO Instagram / @abdevilliers

Hieroor praat mense

AB maak plek vir Faf

AB de Villiers het gisteraand bedank as krieketkaptein van die Suid-Afrikaanse toetsspan.

In sy verklaring aan Krieket Suid-Afrika sê hy dié stap is in belang van die span en dat dit nie oor die belang van individuele spelers gaan nie. Hy het ook sy ondersteuning gegee aan sy ou skoolmaat, Faf du Plessis, wat amptelik aangestel is as toetskaptein.

Ek ken vir Faf vir meer as 20 jaar, sedert ons saam vir die Afrikaans Hoër Seunskool gespeel het. Hy het my steun en ondersteuning as kaptein van die Proteas Toetsspan.

Hy het ook sy ondersteuning op Twitter gewys.

AB sukkel reeds ’n geruime tyd met ’n elmboogbesering. Lees die storie hier.

Vir Faf du Plessis en die Proteas lê die toetsreeks teen Sri Lanka hier op tuisbodem nou voor. Die span sal later vandeesweek aangekondig word.

Vroeër vanjaar het ons Faf gesien soos nog nie tevore nie. Kyk hier, as jy weer wil sien hoe lyk dié krieketkaptein met, mmmm, min klere aan.

Faf du Plessis vir Bjorn Borg. FOTO: verskaf

Faf du Plessis vir Bjorn Borg. FOTO: verskaf

In die tyd dat AB de Villiers af was met sy besering, het hy hom besig gehou met die skryf van sy outobiografie. Meer daaroor hier.

AB Outobiografie. FOTO: verskaf

AB Outobiografie. FOTO Verskaf

Lees nou

Meryl Streep het al hoeveel Golden Globes?!

Dié celebs se foto’s breek die internet!

Charlize Theron – vinnig en vreesloos