FOTO Twitter / @maria/exams

FOTO Twitter / @maria/exams

Hieroor praat mense

ABC van Eurovision

Die afgelope naweek het Eurovision, ’n internasionale liedjieskryf-kompetisie, vir groot vermaak gesorg. Miljoene kykers die wêreld oor het ingeskakel om die dramatiese optredes en uitspattige kostuums te aanskou.

Vanjaar was die 60ste herdenking van dié kompetisie en die Oekraïne het dit gewen. Jamala, die wen-sanger, is ’n Tartaar uit die Krim en het ’n politieke lied gesing – 1944. Dit gaan oor die Russiese diktator Josef Stalin se destydse deportering van die Tartare uit die Krim, berig BBC News.

Kyk Jamala se optrede hier:


Eurovision het gesorg vir talle komiese oomblikke, al was dit soms glad nie beplan nie. Hier’s ’n paar oomblikke wat sosiale media gehaal het.

Al dink sommige mense Eurovision is ’n bespotlike geleentheid, het ’n aantal suksesvolle kunstenaars se loopbane by dié kompetisie begin. ABBA is tot nou toe die suksesvolste groep wat gewen het. Die Sweedse popgroep het in 1974 gewen met hul treffer Waterloo. Benny, Björn, Agnetha en Anni-Frid het 6 miljoen albums verkoop met slegs dié enkelsnit op!

Kyk hul optrede hier:

Ierland het die kompetisie al die meeste gewen het – die land het sewe keer die titel verower. Brittanje, Frankryk en Luxemburg het die kompetisie elk al vyf keer gewen.

Eurovision in Afrikaans

Wat jy dalk nie eens besef het nie, is hoe baie Eurovision-liedjies deur Afrikaanse kunstenaars opgeneem word. Eurovision South Africa is verantwoordelik hiervoor. Van hulle sluit in:

•  Ierland se lied van 1970, “All kinds of everything”, wat Manuel Escorcio opgeneem het as “Soveel herinner my”.

•  Luxemburg se lied van 1972, “Après Toi”, wat Bles Bridges en Gé Korsten opgeneem het as “Glo in die lewe”.

•  Spanje se lied in 1973, “Eres Tú”, wat Rina Hugo opgeneem het as “Jy’s vir my”.

•  Duitsland se lied in 1982, “Ein Bisschen Frieden”, wat Gerrie Pretorius opgeneem het as “Net soos ’n wilger”.

•  Nederland se lied van 1984, “Ik hou van jou”, wat Gé Korsten, Jannie Moolman en Eden opgeneem het as “Ek hou van jou”.

•  Ysland se lied van 1991, “Nina”, wat Bles Bridges opgeneem het (met gelyknamige titel).

•  Frankryk se lied van 2002, “Il Faut du Temps”, wat Patricia Lewis as “’n Nuwe lewe” opgeneem het.

•  Duitsland se lied in 2006, “No No Never”, wat Karen Ferreira opgeneem het (met gelyknamige titel).

Lees nou

Aktrise Roeline Daneel se Griekse wittebrood

Matthew McConaughey in Suid-Afrika!