SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube

Hieroor praat mense

Advertensie ruk hartsnare en gaan viral

Die internet is aan die gons nadat die sportklerereus Adidas niks wou weet van die “roerende” kamma-advertensie wat ’n jong Duitse filmstudent vir hulle gemaak het nie.

Die advertensie deur die 26-jarige Eugene Merher is in die vorm van ’n video van 1 minuut 36 sekondes en gaan oor ’n bejaarde marathon-atleet wat uit sy aftree-oord probeer wegkom sodat hy weer kan hardloop. Adidas het hul neus opgetrek vir die video en Merher skaars ’n antwoord verwerdig, berig Independent. Maar nou is die video al agt miljoen keer op YouTube gekyk! En die wêreld se reaksie? Gee vir die student werk, Adidas.

Die video, met die titel “Break Free”, roer jou.

Kyk die video hier:

Merher het glo steeds nie van Adidas gehoor nie.

Verlede week het die skaam JP Burger van Vrede oornag ’n sensasie geword toe ’n video van hom wat Ryno Velvet se “Ai, my lam” sing soos ’n veldbrand versprei het.

Volgens Maroela Media het die 20-jarige JP ’n ooreenkoms met een van sy vriende aangegaan: dat hy vir die sangkompetisie The Voice sou inskryf indien die video meer as 50 keer gekyk word.

Op Facebook is dit al meer as 129 000 keer gekyk!

Die video is intussen op YouTube gelaai.

Kyk net hoe sing JP:

Lees nou

Nasionale Rooibosdag: Vier saam!

Jy kan die IRS-tuig vanaand sien

Baba-blieng is ‘in’