VIDEOGREEP:  YouTube

VIDEOGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Advertensie van verlore hondjie ’n tranetrekker

Die advertensies wat tydens Amerikaanse voetbal se grootste aand, Superbowl Sunday, uitgesaai word, is elke jaar gróót nuus. Omdat die tydgleuf so gewild is, is dit ook baie duur en is die advertensies gevolglik van hoë gehalte.

Vanjaar is dit ook so. Die biermaatskappy Budweiser het weer ’n advertensie bekend gestel waarin ’n klein labrador en perd die hoofrol speel, soos verlede jaar. En vanjaar se advertensie trek weer aan die hartsnare.

Jou emosies ry omtrent wipplank tydens dié 1 minuut lange advertensie.

Kyk na dié advertensie hier:


Verlede jaar is Budweiser se advertensie meer as 55 miljoen keer op die internet gekyk. Hier is hul 2014-veldtog:

Lees nou