freek_robinson
Hieroor praat mense

Afrikaanse nuus nou op kykNET, wat sê Karen Meiring oor Freek en kie?

Charis Labuschagne het met kykNET se uitvoerende hoof, Karen Meiring, by die bekendstelling gesels.

Jy kon al na ‘n paar eNuus-uitsendings kyk. Wat dink jy daarvan?
We’re getting there
. Dis ongelooflik hoeveel die span in ‘n kort tyd kon regkry. Ons vind nog uit waarvan ons kykers hou en nie hou nie en sal aanpassings maak soos die tyd verloop.

Wat beteken eNuus vir kykNET?
Dit maak van ons ‘n volspektrum-kanaal. Ons kan nou vir ons kykers ‘n volle aanbod van TV-programme gee: Seep, werklikheids- en speletjiesprogramme, drama en nou ook nuus.

kykNET is die kanaal waarop eNuus uitgesaai word, maar eNews, e.tv se 24-uur-nuuskanaal, is die vervaardigers. Hoe voel dit om ‘n kuiken vir iemand anders te gee om groot te maak?
Dis vir ons belangrik om ‘n goeie produk op die lug te kry. eNews ken die nuusbedryf. Hulle weet wat hulle doen en is goed daarmee. Die verhouding met hulle is lekker en ek sien uit om hierdie handelsmark-uitbreiding saam met hulle te bou.

Sal julle dit ooit oorweeg om eNuus uit te brei met oggend-bulletins?
Dis nou maar eers die begin, maar eNuus kan groei. Ons sal kyk wat die behoefte is. Vir nou neem ons baba-treë, maar ons droom groot.

  • Marietjie Sadie

    Ek sal graag ook wil he dat julle Namibia se weer voorspelling vir ons in die aand saam met e-nuus gee, julle wys net RSA.

    Hier is baie mense wat KYKNET kyk hier by ons.

  • http://www.kyknetnuus.co.za Ronel

    Freek jy en jou span is tops en word net elke dag beter !

  • Ansen Lamprecht

    Ek het ‘n groot probleem met die weervoorspelling op E-Nuus op Kyknet.

    Die 2 aanbieders het nie ‘n idee waar om te staan nie en staan altyd so dat dit voor dorpe se temperature staan. Colesberg is die dorp wat altyd die slegste daarvan afkom. Waarom hul heen en weer moet beweeg, sal net hulle weet. Soos die skerm van links na regs beweeg moet hul links staan en omgekeerd. Die beeld kan ook dalk effens verklein word dat daar oop spasie is waar hul kan staan sonder om voor die beeld te staan.

    Kan die Produsent nie iets hieraan doen nie? Werklik dat niemand die probleem raak sien nie, kan ek nie verstaan nie.

    Die nuus en veral geldsake en veral die Afrikaans is baie goed.

  • Hans

    Die gebruik van Mbombela (weervoorspelling) is voortydig en klink na n gatkruipery.Die SABC praat dan nog van Nelspruit Om polities korrek te probeer wees beindruk nie – nie eers vir Malema nie,glo ek.

  • MARI SCHOLTZ

    EK WIL NET WEET …. HOEKOM BLY JULLE ALMAL NA CHARLENE AS CHARLENE WITSTOCK VERWYS….. SY IS NOU PRINSES CHARLENE GRIMALDI……. VERWYS JULLE ALMAN NA JULLE VROUENS OP HULLE NOOIENSVANNE?….. OF GUN JULLE HAAR NIE HAAR STATUS NIE…

    GROETE,

    MARI SCHOLTZ

  • kluhdlaja

    K0wExh jdbldwsrdsog, [url=http://fznnchslulkh.com/]fznnchslulkh[/url], [link=http://ppxovynhharn.com/]ppxovynhharn[/link], http://hxhucmjvixop.com/

  • Anton

    Behalwe vir die klankinsette in Engels geniet ek e-Nuus op KykNet. Wat my egter grief, is dat Ventersdorp een van die dorpe is wat op die weerkaart aangegee word en nie Potchefstroom nie. Volgens die 2001 sensus het die Potchefstroom-munisipaliteit (deesdae Tlokwe) amper 129000 inwoners teenoor die Ventersdorp-munisipaliteit se 43000, dws 3X meer as Ventersdorp. Volgens Wikipedia is die syfers vir die dorpe (Potch is eintlik ‘n stad) ongeveer 129000 en ongeveer 17000 onderskeidelik. As ons (Potchefstroomers) dan na die Ventersdorp-weerdata moet kyk (omdat Potch en Ventersdorp naby aan mekaar geleë is), behoort Potch eerder op die weerkaart aangegee te word en moet die Ventersdorpers maar hulle weerdata van dié vir Potch aflei. Of wat sê ek?

  • zazjzz

    XP2oYk nwjvreygypvi, [url=http://vrtgkcmqnjix.com/]vrtgkcmqnjix[/url], [link=http://hsqhvsxmhjrp.com/]hsqhvsxmhjrp[/link], http://rryitoembwzk.com/

  • Dr. Willie Olivier

    Nuus aanbieding is puik en weervoorspelling beste( Lynette v Schalkwyk en voorheen Derek van Dam) in hele Afrika en VSA waar ek lank was, tot aand 8 Mei 2012 toe hele formaat verander is en in my opinie ‘n gemors – stel nie belang in menus wat heen en weer spring nie – geen kontinuiteit vergelyk met voorheen – kleur mengery pateties – letters te klein, kan blou minimum temperature skaars sien – wat voorheen vloeiende logiese proses was is nou versnipperde onsamehangende gemors.
    ASSEBLIEF keer terug na wat dit voorheen was – waarom gaan peuter met iets wat perfek gewerk het en die beste was van alle stasies, nou lyk dit heeltemal amateur eerste pogings en uiters swak in elke opsig

  • elize

    Ek wil net weet julle het gese julle ondersteun n kinder huis die jaar in pretoria vir Kersfees so kan enige iemand my se watse kinderhuis is dit?of enigsins meer inligting gee….
    het telaat in die vertrek ingekom om te hoor.
    elize