Hieroor praat mense

Agter die skerms met SARIE Voorbladgesig 2012: Tana Ferreira

Sy het ’n gelaat wat net beskryf kan word as perske-en-room en vlamblou-oë. Wanneer die 22-jarige Tana Ferreira van Pretoria voor die kamera inskuif, hou sy almal in die ateljee vasgenael. G’n wonder die beoordelaars en ons lesers het dié blonde student in inligtingsontwerp gekies as die wenner van vanjaar se Voorbladgesig-wedstryd nie.

“Ons Voorbladgesig-wedstryd twee jaar ná mekaar, en hier’s twee totaal verskillende wenners!” sê Michélle van Breda, redakteur van SARIE. “Verlede jaar se wenner, Alrie Velleman van Port Elizabeth, is donker, smeulend, weerloos-mooi; vanjaar se wenner is blond, stralend, selfversekerd – die een so treffend soos die ander.

Dís die magic van voorblaaie – jy is altyd verras, want voorblaaie laat hulle nie voorskryf nie. Daardie gesig doen al die praatwerk, en as jy dit sien, weet jy net dis rég. Net soos ek verlede jaar geweet het Alrie is ’n wenner, so weet ek Tana is voorblad-perfek. Van Port Elizabeth tot Pretoria – SA se vroue is beeldskoon!

SO SÊ DIE SPAN OOR TANA:

“Daar is iets speels aan Tana; ek reken sy kan lekker toneelspeel voor die kamera”. – fotograaf Leana Clunies-Ross

“Sy is gemaklik in haar vel, oukei met haar emosies, en dit wys op kamera”. As Tana lag, lag almal” – Lou-Ann Stone, SARIE se multimedia-vervaardiger

TANA OOR HAARSELF:

“Ek dra my hart op my mou; ek’s nie bang om te wys wie ek is nie.” – Tana

[box:full:red:both]

KUIER AGTER DIE SKERMS

[/box]

Pret agter die skerms. Tana, Annamie en Johanna maak gereed vir hul groepfoto.

Groepfoto met Annamie en Johanna

Vir rosige wange soos Tana s’n, probeer Accessorize Merged Blusher in Starlet (R70). 
Net by Clicks

Rosige wange soos ons voorbladgesig

Skep lang en sensuele wimpers met NYX Long Lash Mascara (R110). Net by Clicks

NYX Long Lash Mascara by Clicks

Dis tegelyk vars en elegant. Met roos, iris en pienk pomelo is die blom-houtgeur Bvlgari Omnia Amethyste die perfekte geur vir ons wenner. Spesiale prys by Clicks: R495 vir 25 ml.

Bvlgari Omnia Amethyste

  • Liesel Hechter

    Tana is werklik pragtig en so spontaan!
    Love haar xx

  • Theresa

    Veels geluk Tana!

  • ML

    Baie mooi, maar BAIE mooier sonder die kuif as met hom!

  • Kathleen van Tilburg

    Tana, jy maak ons trots! Baie bevoorreg om jou te ken! Mag jy bly soos jy is! Reach for the stars…