Hieroor praat mense

Agter die skerms op die fotosessie van die voorbladfinaliste

Die 10 finaliste in die SARIE Inspirasie-voorbladgesig van die Jaar-wedstryd in samewerking met Clicks en Schwarzkopf het die laaste 3 dae (Woensdag 20 Julie tot Vrydag 22 Julie) ‘n vuurdoop voor die kamera van bekende voorbladfotograaf, Leana Clunies-Ross, gehad.

Fanie het hulle in ware voorbladstyl gestileer en dié 10 vroue het die volle SARIE-span met hul skoonheid en natuurlikheid voor die kamera oorrompel. Ons kan nie wag om dié voorbladfoto’s in die September-uitgawe van SARIE te wys nie. En onthou, dan begin die stemproses op sarie.com óók. Jy kan help kies aan die wenner wat uiteindelik op die November-voorblad sal verskyn.

Dis wat Fanie op stel te sê gehad het!


  • Sonja Francis

    Hulle is almal pragtig, maar Johanna Bezuidenhout se glimlag doen dit vir my. Sy sal pragtig wees op die voorblad