FOTO James Bond 007 webwerf

Hieroor praat mense

Aikôna, 007 geen spioen nie!

As James Bond, met sy swartpak en martini-glas, vandag vir MI6 moes aansoek doen, sou hy nie die pos gekry het nie. Ja, Bond, James Bond, is nie ’n spioen se agterent werd nie, het die hoof van MI6 glo gesê.

Volgens The Telegraph het die hoof van MI6, Alex Younger, verklap dat dié fiksie-karakter nie eens die eerste rondte sou haal nie. Eina!

via GIPHY

Younger sê MI6-werknemers, oftewel intelligensie-offisiere, moet die volgende eienskappe hê – wat Bond natuurlik nié het nie.

Emosionele intelligensie

Lojaal en respekteer die gereg

– ’n Goeie spanspeler

Hy stel voorts dat intelligensie-offisiere sterk morele waardes moet hê, iets wat gereeld by Bond ontbreek.

james bond

“Dis veilig om te sê James Bond sou in vandag se tyd nie gewerf word nie,” het Younger gesê. “Intelligensie-offisiere is gewone mense wat in ongewone omstandighede hulle land moet beskerm en komplekse probleme moet oplos. Die kompleksiteit van die beroep impliseer egter nie dat net gegradueerdes ’n offisier kan word nie, ek wil graag alledaagse Britte uitnooi om die loopbaan te oorweeg.”

FOTO James Bond OO7 webwerf

FOTO James Bond OO7 webwerf

Ai, ou James! Skink maar vir jou ’n martini.

Lees nou

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Bring dié kleur vir jou geluk?

Rihanna is blond!