Hieroor praat mense

ATKV-tienertoneelkompetisie – 50 jaar van talent

Die ATKV-tienertoneelkompetisie vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar – en in dié 5 dekades het dit al baie van ons gewilde akteurs se talent help slyp.

Die span agter die kompetisie, wat leerders se kreatiwiteit en toneelspel-talente wil aanwakker, het groot rede om ’n glasie te klink. Hier is maar net ’n paar glanspersoonlikhede en akteurs wat op dié verhoog begin het: Melinda Bam, Anél Alexander, Anneke Weideman, Anton Treurnicht, Cintaine Schutte, Christo Davids, De Klerk Oelofse, Herman Lensing, Francois Toerien, Jak de Priester, Johann Nel, John-Henry Opperman, Lindie van Eeden, Neels van Jaarsveld, Patrick Shabangu, Quintin Wils, Roeline Daneel en Viljé Maritz.

Jak de Priester is in 1994 aangewys as die beste akteur vir sy rol in Nommer 10 van Hoërskool Parys, wat hy ook self geskryf het en Esté Pienaar, wat steeds drama afrig by Hoërskool Monument, is in 1976 aangewys as die beste regisseur

Jak de Priester, wat in 1994 aangewys is as die beste akteur vir sy rol in die Hoërskool Parys se toneelstuk, Nommer 10, wat hy ook self geskryf het, en Esté Pienaar, wat steeds drama afrig by Hoërskool Monument. Sy is in 1976 aangewys as die beste regisseur

Die ATKV-tienertoneelkompetisie vind plaas tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees van 7 – 11 Oktober 2014. Hier ding 10 finaliste mee om die gesogte prys van R30 000 en die ATKV-tienertoneelwisseltrofee te ontvang.

Beoordelaars tydens vanjaar se finaal is Antoinette Louw, Gerrit Schoonhoven, Ira Blanckenberg, Johny Klein, Pedro Kruger, Shirley Ellis en Tina Kruger.

Kontak gerus vir Lizané Basson by 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za vir meer besonderhede.

Wat maak SARIE en Mooirivier by vanjaar se fees? Vind hier uit!