FOTO Twitter/ @2oceansaquarium

FOTO Twitter/ @2oceansaquarium

Hieroor praat mense

Kaapse akwarium se nuwe uitsig!

Vandag staan mense met groot opwinding tou by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad. Ná twee jaar kan ’n splinternuwe uitstalling met nuwe visspesies uiteindelik aanskou word!

Die uitstalling, wat ’n reuse glastonnel insluit, het ook ’n glasvenster van 9 meter lank en 4 meter hoog, berig Netwerk24.

Nuwe visspesies soos die kitaarvisse en bonito’s sal bo die besoekers se koppe swem. En die glastonnel, van 10 meter lank, sal vir ure se vermaak sorg.

Die uitstalling het glo R50 miljoen gekos om op te rig, berig Netwerk24.

Besoek die Twee Oseane-akwarium se webwerf vir meer inligting.