Hieroor praat mense

Almal het die boek gelees, het jy al die fliek gekyk? + WEN!

As jy die boek gelees het, weet jy sommer dadelik van watter fliek ek praat. Die lang verwagte fliekweergawe van Me Before You het Vrydag in Suid-Afrika begin draai.

As jy eers Jojo Moyes se boek wil lees, moet jy spring, maar ons glo dié fliek gaan net so gewild soos die boek wees, so dit sal nog vir ’n paar weke wys. 

Me Before You

’n Ryk man (Sam Claflin) en sy versorger (Amelia Clarke) raak vriende terwyl sy vir hom wys hy kan steeds die lewe geniet ten spyte van ’n motorongeluk wat hom verlam gelaat het.

Elvis & Nixon

Dit is 21 Desember 1970. Elvis Presley (Michael Shannon) daag by die Withuis op om ’n dringende vergadering met president Richard Nixon (Kevin Spacey) te hê. Elvis wil ’n agent vir die regering wees teen die gebruik van dwelms.

Hierdie is ’n ware verhaal en het eers in onlangse jare hoofstroomnuus geraak toe dokumente uit die argiewe gehaal is. Daar is selfs ’n foto om hierdie gebeurtenis te herdenk. Elvis & Nixon vertel die verhaal van hierdie ontmoeting.

 

The Endless River

Hierdie Suid-Afrikaanse rolprent deur die bekroonde regisseur Oliver Hermanus (Skoonheid en Shirley Adams) het verlede week landwyd begin draai. Die drama vertel die verhaal van ’n klein dorpie wat geteister word deur geweld en die effek op ’n spesifieke gesin. ’n Jong kelnerin (Crystal-Donna Roberts) verwelkom haar man terug ná vier jaar in gevangenis. Net toe dit lyk asof hulle weer hul lewe saam kan begin bou, is daar ’n grusame moord op ’n nabye plaas. ’n Buitelander verloor sy hele gesin en ’n verhouding begin tussen hom en die kelnerin.

Darren Kelfkens en Denise Newman speel ook in die rolprent.

 

Youth

Oudword is nie vir sissies nie. In dié film nader Fred (Michael Caine) en Mick (Harvey Keitel) hul tagtigs. Hulle hou vakansie in ’n klein hotel in die Alpe, maar besef hul tyd loop uit en besluit net daar en dan om die beste te maak van die tyd wat hulle oorhet.

Jane Fonda, Paul Dano en Rachel Weisz speel ook in Youth.

 

Miles Ahead

Miles Davis was een van die invloedrykste jazz-musikante van die 20ste eeu. Die storie volg sy lewe en veral die einde van sy loopbaan in die 1970’s.

 

Ice Age: Collision Course

Al die ou vriende is terug vir nóg ’n avontuur. Scrat se nimmereindigende soeke na sy neut laat hom in die buitenste ruim beland. Hy veroorsaak groot moeilikheid wat lelike nagevolge op aarde het. Sid, Manny en Diego word weer toevertrou om die dag te red, maar die keer op ’n reeks eksotiese eilande.

 

Mr. Right

’n Vrou vir wie die liefde nie maklik kom nie, raak verlief op ’n man wat alles is waarvan sy droom. Daar is net een klein probleem – hy is ’n huurmoordenaar. Kort ná hul ontmoeting moet hulle vlug, vyande uit sy verlede afweer en hul eie probleme konfronteer.

Maak seker jy mis ook nie hierdie flieks op die grootskerm nie

WEN!

Vir Altyd Donnalee Ivan Lees Nou

“Like” hierdie Facebook-inskrywing vir ’n kans om die DVD van Afrikaans se grootste film nóg te wen! Vir Altyd is nou te koop as DVD en jy kan dit ook op DStv se BoxOffice huur! Hierdie treffer het duisende al gekyk; maak seker jy mis nie uit nie!

Lees nou

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent

Die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente