FOTO: Videogreep van YouTube

FOTO: Videogreep van YouTube

Hieroor praat mense

Almal praat hieroor: Hollandse meisie met SA wortels bekoor wêreld

Die 9-jarige Amira Willighagen het oornag ’n sensasie geword met haar oudisie vir Holland’s Got Talent. Die video van haar oudisie op YouTube waarin sy een van Puccini se arias sing, is binne 5 dae meer as 3 miljoen keer gekyk.

Die Burger berig dat Amira se ma, Frieda, ’n Suid-Afrikaner is. Sy het aan die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp gematrikuleer en het in 1995 na Nederland verhuis.

Jong Amira het aan die beoordelaars gesê dat sy nie formeel opgelei is om opera te sing nie, maar het opera-liedere op YouTube gesien en baie daarvan gehou. Sy het haarself geleer om só te sing.

Die beoordelaars was stomgeslaan deur haar talent. Hulle het bly herhaal dat die “niet normaal” is vir ’n jong meisie om só ’n stem te hê nie. Sy is reguit deur na die volgende rondte van dié kompetisie.

Amira Willighagen se oudisie:

Klik hier vir die volledige oudisie.