FOTO Instagram / @belvederevodka

FOTO Instagram / @belvederevodka

Hieroor praat mense

Almal wil met haar werk – van BMW tot Belvedere Vodka tot John Legend!

Sy is bekend oorsee, maar ken jý hierdie Suid-Afrikaanse kunstenaar?

BMW het reeds in 1991 saam met Esther Mahlangu gewerk. Die motorvervaardiger het hul aanleg in Rosslyn, Gauteng, in 1986 oopgemaak. Ná Nelson Mandela se vrylating in 1990 het die maatskappy in 1991 besluit om ’n bydrae te lewer tot die kunsbedryf in die land, verduidelik Thomas Girst, hoof van kultuurbetrekkinge by BMW aan Artsy.

Esther is in 1935 in Middelburg, Mpumalanga, gebore en vier binnekort haar 81ste verjaardag. In 2006 het sy die Orde van Ikhamanga in silwer van die staatspresident ontvang vir haar bydrae tot en ontwikkeling van Ndebele-kuns. Klik op haar CV en jy sal verstom staan oor al haar kunswerke wat die wêreld oor uitgestal word.

Dis nou 25 jaar later en sy en BMW werk weer saam. Die maatskappy het haar gevra om hul BMW Individual 7 Series se binneste afwerkings te verf. Die houtpanele is aan haar gestuur. Kyk in die video hieronder na die verfproses.

Die Art Car wat Esther in 1991 vir BMW geverf het, word nou in die Britse Museum uitgestal as deel van die South Africa: the Art of a Nation-uitstalling. Sy was die eerste vrou wat deur BMW genader is vir dié soort projek.

Love #EstherMahlangu #BritishMuseum #ResearchDay

A photo posted by insa_gram (@insa_gram) on

Pimp my ride. #BMW #esthermahlangu #african #art #designs #travels #wanderlust #myheelshavetotravel #life  A photo posted by attagirlHalle (@attagirlhalle) on

Die BMW Individual 7 Series wat sy vanjaar geverf het, word opgeveil en ’n gedeelte van die geld gaan aan The Art Room geskenk word. Die bieëry het 10 Oktober gesluit en die prys moet nog bekend gemaak word.

Esther het vanjaar ook saam met Belvedere Vodka gewerk. Hierdie spesiale bottel met haar ontwerpe op word in samewerking met (RED) en John Legend verkoop. 50% van die wins gaan aan (RED), ’n organisasie wat veg teen MIV/vigs.

Not even tempted but the bottle is so pretty #johnlegend #esthermahlangu #africa #ndebele #southafrica #belvedere #vodka

A photo posted by Ludumo Nondwe (@blacknectarine) on

Op 80 is Esther ’n ware inspirasie en ons kan nie wag om te sien hoe ver haar kunswerke nog gaan reis nie, en wat sy nóg gaan ontwerp nie. Kyk net, haar ontwerpe pronk al op skoene!

Wys jou net hoe ver jy kan kom met tradisie en ’n Suid-Afrikaanse agtergrond. #TrotsSA

BRONNE: Artsy, Esther Mahlangu, The Presidency

Lees nou