FOTO Instagram / @hillaryclinton

FOTO Instagram / @hillaryclinton

Hieroor praat mense

Amerika kies nie vrou, maar 59 lande het al

Die volgende Amerikaanse president is toe nie ’n vrou nie. Donald Trump, oftewel The Donald, sal die volgende Amerikaanse president wees. Maar daar is reeds 59 vroue wat leiers in ander lande was.

In 1974 het Isabel Perón van Argentinië die wêreld se eerste vrouepresident geword. Dis 52 jaar gelede!

Vroeër vanjaar het Mauritius sy tweede vrouepresident aangewys. Die bioloog Ameenah Gurib-Fakim het met trots haar nuwe rol aangepak. In 2012 het Monique Ohsan Bellepeau die land se eerste vrouepresident geword toe sy in die pos waargeneem het ná die bedanking van sir Anerood Jugnauth. Bellepeau was toe die adjunk-president.

Sewe lande in Afrika het al vrouepresidente gehad: Burundi, Liberië, Gaboen, Malawi, Mauritius, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Suid-Afrika.

Ja, selfs Suid-Afrika het Amerika voorgespring. Die politikus Ivy Matsepe-Casaburri was in 2005 waarnemende staatspresident toe president Thabo Mbeki en sy adjunk tegelykertyd in die buiteland was, en toe weer baie kortliks nadat president Mbeki in 2008 bedank het.

Nog net twee vroue was die premier van Brittanje. Die eerste was Margaret Thatcher (1979 tot 1990) en die tweede is die onlangs verkose Theresa May.

Lees nou

Wat?!? Hillary Clinton se klere inspireer Beyoncé

FOTO: Van Coke-baba is uiteindelik hier!