FOTO: Regan Arts

FOTO: Regan Arts

Hieroor praat mense

Amerika se eerste supermodel – 110 jaar gelede

Audrey Munson – vir baie is dit ’n onbekende naam. Maar in die 1900’s was sy veral in New York, VSA, bekend as Miss Manhattan, American Venus, Exposition Girl en Panama-Pacific Girl. Haar skoonheid en naakte figuur was die inspirasie vir meer as 15 standbeelde in die Groot Appel. Sy het ook in vier stilrolprente gespeel.

Audrey was Amerika se eerste supermodel, maar haar lewe het tragies geëindig.

Op 40 het sy in ’n inrigting beland, waar sy in 1996 in die ouderdom van 104 gesterf het. Haar lewe is die inspirasie vir die Amerikaanse joernalis James Bone se boek, The Curse of Beauty.  

Boek James Bone The Curse of Beauty

In 1906 het die 15-jarige Audrey eendag in die strate van New York gestap toe ’n Russiese fotograaf en kunstenaar, net bekend as Hertzog, haar voorgekeer het. Hy het haar oortuig om aan ’n fotosessie deel te neem. Kort daarna het haar loopbaan vlam gevat en in 1915, op die hoogtepunt van haar loopbaan, het sy in haar eerste rolprent, Inspiration, gespeel. Drie rolprente, Purity (1916), The Girl o’ Dreams (1916) en Headless Moths (1921) het gevolg. Vir al vier rolprente was sy die muse.

Twee van haar rolprentplakkate

audrey-munson-the-death-of-americas-venus-body-image-1453530062

audrey_munson_mpworld_19151113_001

Maar in 1922 het sy skielik begin sukkel om werk te kry. Dieselfde jaar het sy probeer selfdood pleeg, en haar lewe was daarna nooit weer dieselfde nie.

In 1931 het ’n regter beveel dat sy in ’n inrigting opgeneem moet word. Dis in dieselfde inrigting waar sy in 1996 gesterf het.

– Vir die volledige storie lees Broadly.

Een van die vele standbeelde waarvoor Audrey die inspirasie was, is die Columbia Triumphant deur die beeldhouer Attilio Piccirilli, wat in Central Park geleë is.

kveus7070s

FOTO: A View on Cities

Sedert Bone se boek verskyn het, het meer mense Audrey begin onthou. Maar haar ongemerkte graf iewers in ‘n begraafplaas in New York is nog nooit gevind nie.

Lees nou