FOTO Unsplash / Léa Dubedout

FOTO Unsplash / Léa Dubedout

Hieroor praat mense

Angs – só hanteer jy dit

Suid-Afrikaners voel die druk. Jy het ’n knop op jou maag, sukkel om te konsentreer, en oorreageer soms oor die kleinste dingetjie … Angs kan oorweldigend en verlammend raak, maar daar is maniere om dit te hanteer.

“Angs is wêreldwyd algemeen – een uit veertien mense sukkel in ’n stadium van hul lewe daarmee,” vertel Elmi du Toit, ’n sielkundige van Johannesburg.

Dr. Colinda Linde, nog ’n sielkundige van Johannesburg, beaam dit. Sy sê
die pas van die moderne samelewing het versnel en ons moet deesdae byna 24/7 beskikbaar wees. “Dit beteken adrenalienvlakke styg en by mense wat vatbaar is vir angs, word dit ’n sneller vir angssimptome. Een van die belangrikste snellers vir angs is onsekerheid – en ons leef in onseker tye. Angs kan ons almal tref.”

Elke land het natuurlik sy eie uitdagings. Hoewel Statistiek SA (SSA) bevind het angs en vrees onder Suid-Afrikaners het die laaste paar jaar vererger. Die kommerwekkende statistieke van ’n navorsingsprojek onder 13 000 huishoudings vertel ons: 36,9% besoek nie oop ruimtes of parke wanneer hulle alleen is nie; 17% is bang om werk toe te stap; 25,4% weier dat hul kinders buite speel en 12,6 % gebruik nie openbare vervoer nie omdat hulle angsbevange is oor misdaad. Huisbraak is die grootste vrees, gevolg deur huisrooftogte. Baie Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie het ook afgeneem.

FOTO Unsplash / Toa Heftiba

FOTO Unsplash / Toa Heftiba

Angs is nie net iets “in jou kop” nie. Jy voel dit – letterlik – aan die lyf. ’n Baie vinnige hartklop, warm gloede, duiseligheid, bewerigheid, die vrees om beheer te verloor of te sterf, selfs dat jy gék is, ’n naalde-en-spelde-gevoel in die hande, spierpyn, gebrekkige konsentrasie en hoofpyn en maagpyn is van die algemeenste simptome, volgens die SA Depressie-en-Angsgroep (SADAG).

Fisieke reaksies vind plaas omdat die limbiese stelsel in jou brein die plek is waar angs registreer, sê Marlize Heppell, ’n sielkundige van Klerksdorp.

Só werk angstigheid

Wanneer jy bedreig voel, reageer jou liggaam outomaties. Die brein skei meer streshormone af, onder meer kortisol en adrenalien, terwyl insulienproduksie tydelik onderdruk word. So berei die liggaam voor vir die “veg-of-vlug-reaksie” wat kan volg.

“Dít is hoekom jou hartklop onder meer versnel, asemhaling vinniger word, en die liggaam se bloedvloei na die spiere toeneem,” verduidelik sy.

FOTO Unsplash / Agnieszka P

FOTO Unsplash / Agnieszka P

Doen dít – 5 praktiese wenke

1. Haal diep asem, in en uit.

2. Tel uit ritme, dit help om jou te kalmeer bv. 1, 3, 7, 9, 5, 2, 10, 6

3. Drink ’n glas water.

4. Gaan sit iewers gemaklik.

5. Probeer om jou kop skoon te kry van die negatiwiteit.

Kenners gee raad

Gaan oor tot aksie. Doen wat jy kan. As jy byvoorbeeld bang is iemand breek by jou huis in, rus dit toe met diefwering en ’n goeie alarmstelsel.

Kies om in die hede te leef. Dan sal jy nie heeltyd dink aan wat dálk kan skee oop nie. Dus: as jou gedagtes op die toekoms fokus, leer jouself om te konsentreer op wat jy nou doen, soos wanneer jy ’n koppie tee maak of iemand bel. Besef jou enigste realiteit is die “nou”. Dít bekamp angs.

– Moenie ’n slagoffer-mentaliteit ontwikkel weens die misdaadsituasie in die land nie. Reik uit. Tree pro-aktief op – help byvoorbeeld ander slagoffers. By alle maatskaplike kantore word daagliks hulp verleen aan onder andere vroue wat aan gesinsgeweld blootgestel is. Dalk kan jy help met die administrasie of selfs net luister na die vroue. Die meeste staatshospitale het noodsentrums waar molesteringslago ers of kinders wat mishandel is, gehelp word. Bied jou dienste as vrywilliger aan.

Geestelike verdieping help dikwels. Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, getrouheid, goedgesindheid, nederigheid en selfbeheersing, eienskappe wat geloof verstewig, help om angs te besweer.

– Almal hanteer angs anders, maar moet dit nooit ontken nie. Erken jy is bang, besoek ’n terapeut of praat met ’n vertroueling. Moet dus nie stilbly nie, maar ook nie die volgende vyftig jaar daaroor praat nie.

spaar

FOTO Justin Badenhorst

Lesers gee wenke

– Dit laat my beter voel om by die plaaslike buurtwag betrokke te wees. Ons buurt is verdeel in WhatsApp-groepe sodat mense mekaar dadelik kan inlig as hulle iets verdags sien. As jy beheer neem van jou situasie, voel jy minder weerloos.

Ek fokus op die positiewe dinge. Dit beteken nie ek ontken die slegte in die land nie, maar ek doen moeite om die mooi raak te sien in elke dag, gebare tussen mense, goedvoel- stories, medemenslikheid . . . daar is baie as jy regtig begin kyk. Daar is nog soveel goed in ons land.

Lees nou

Kinders met stres en depressie – ken die simptome

Kyk dié video’s vir ’n gelukkiger, stresvrye jy

Koebaai, stres! Eet dit só weg