FOTO Instagram / @mirandakerr

FOTO Instagram / @mirandakerr

Hieroor praat mense

Die antieke oorsprong van jou jeans

Jeans het oor die jare ontwikkel van ’n werkersuniform, veral vir mynwerkers, tot ’n mode-item wat elkeen moet hê. Dis immers die stapel-item in byna elke klerekas. Maar die oorsprong van dié kledingstuk kan dalk 6 200 jaar oud wees.

Dít is ouer as die piramides van Egipte, wat
4 555 jaar oud is!

Volgens Daily Mail het argeoloë ’n stuk katoenlap in die antieke deel van Peru, Huaca Prieta, in Suid-Amerika ontdek wat met die indigo-plant gekleur is. Dié lap is 6 200 jaar oud.

FOTO Science Advances

FOTO Science Advances

Hierdie bevindings is in die wetenskapjoernaal Science Advances gepubliseer. Die Egiptenare het eers 1 500 jaar later kleursel begin gebruik.

Vir die volledige storie lees hier.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Het jy geweet? Die eerste jeans vir vroue is in 1934 deur Levi bekend gestel, 81 jaar nadat die eerste jeans vir mans verskyn het.

Klik hier om te sien hoe van die groot jeans-style oor die dekades gelyk het.

Lees nou

Kanker, diabetes, oorgewig … ons giftige omgewing

Sophia Loren is 82

Nataniël oor ontslape Mandoza