Jak de Priester

Hieroor praat mense

ATKV-tienertoneel-kompetisie kroon wenners

Die wenners van die ATKV-tienertoneelkompetisie is die afgelope naweek tydens Aardklop op Potchefstroom aangekondig. Die kompetisie, wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier, het in dié 5 dekades baie van ons plaaslike talent help slyp.

Hoërskool Parel Vallei van die Wes-Kaap is aangewys as die algehele wenner van die ATKV-tienertoneelkompetisie met hul toneelstuk WolkKop. Die skool het die kontantprys van R30 000 gewen, asook die ATKV-tienertoneelwisseltrofee.

Maar dit is nie die enigste prys wat dié skool gewen het nie. Hulle het ook die prys vir die beste akteur in ’n hoofrol, beste aktrise in ’n hoofrol, beste manlike speler in ’n ondersteunende rol én vir die beste hantering van tegniese aspekte gewen.

Die naaswenner, Hoërskool Jan van Riebeeck, het ‘n kontantprys van R20 000 gekry.

Jak de Priester is in 1994 aangewys as die beste akteur vir sy rol in Nommer 10 van Hoërskool Parys, wat hy ook self geskryf het en Esté Pienaar, wat steeds drama afrig by Hoërskool Monument, is in 1976 aangewys as die beste regisseur

Jak de Priester, wat in 1994 aangewys is as die beste akteur vir sy rol in Hoërskool Parys se Nommer 10, wat hy ook self geskryf het, en Esté Pienaar, wat in 1976 aangewys is as die beste regisseur en vandag steeds drama afrig by Hoërskool Monument.

 

Die span agter die kompetisie, wat leerders se kreatiwiteit en toneelspel-talente wil aanwakker, het groot rede om ’n glasie te klink. Hier is maar net ’n paar glanspersoonlikhede en akteurs wat op dié verhoog begin het: Melinda Bam, Anél Alexander, Anneke Weideman, Anton Treurnicht, Cintaine Schutte, Christo Davids, De Klerk Oelofse, Herman Lensing, Francois Toerien, Jak de Priester, Johann Nel, John-Henry Opperman, Lindie van Eeden, Neels van Jaarsveld, Patrick Shabangu, Quintin Wils, Roeline Daneel en Viljé Maritz.

Ontmoet die leerders wat deel was van die ATKV-tienertoneelkompetisie: