FOTO Unsplash / Valeria Zoncoll

FOTO Unsplash / Valeria Zoncoll

Hieroor praat mense

Babas by die dosyne – Springbok, koninklike én akteur

Nuwe maand, nuwe avonture of moet ons eerder sê: “Babas, babas, babas!” Vandag is die wêreld bederf met ’n Springbok-baba, koninklike babanuus en ’n pienkvoet uit Hollywood.

Die Springbok Duane Vermeulen en sy stralende vrou, Ezel, het vanoggend vroeg hospitaal toe gery, want hul tweede kleinding het besluit om die wêreld te ontmoet!

Daar’s glo gerugte dat Duane Vermeulen moontlik die nuwe Bokkaptein kan word. Volgens Netwerk24 het twee voormalige Bokkapteins ook gesê Duane moet dié titel kry. Lees ook Sport24 vir meer inligting. Duane speel tans vir die RC Toulonnais in Frankryk.

Bokkaptein of nie, die Vermeulens se span is nou vier! Die paartjie het reeds ’n seuntjie, Anru. Lees die volledige storie hier.

FOTO Charl Smith van Agapé Studio

FOTO Charl Smith van Agapé Studio

Op 90 kan koningin Elizabeth nóg ’n prestasie op haar kerfstok sit: Sy word vir die vierde keer oumagrootjie! Nee, dis nie ’n derde pienkvoet vir die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, nie.

Haar kleinkind Zara Philips, prinses Anne se dogter, verwag ’n tweede baba. Lees die volledige storie hier.

FOTO Annie Leibovitz

FOTO Annie Leibovitz

In Hollywood het die Oscar-benoemde Bradley Cooper ook goeie nuus gekry. Hy en die Victoria’s Secret-engel Irina Shayk verwag hul eersteling.

Net gister het die beeldskone Irina nog op die loopplank gepronk. En nie by sommerso ’n vertoning nie, by The Victoria’s Secret Fashion Show in Parys, Frankryk. Die 30-jarige het beeldskoon gelyk.

Lees nou

#9tot5: Haal hierdie woorde uit jou CV uit!

Oorleef die hittegolf lag-lag en in styl

Is dié bekendes nou uiteindelik ’n paartjie?