FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina

Hieroor praat mense

Ballerina met kanker steel wêreld se hart

Die 24-jarige Maggie Kudirka moes haar kleintyd-droom van ballerina-wees opsy skuif toe sy in Junie 2014 met borskanker gediagnoseer is.

Sedertdien het haar storie die wêreld se aandag getrek. En sy gebruik dié aandag om mense oor borskanker in te lig.

Sy vertel aan Today Health: “Ek wil mense daarvan bewus maak dat enigiemand borskanker kan kry, op enige ouderdom. Niemand is immuun nie, niemand is te jonk nie, niemand is te fiks nie.”

Maggie was ’n balletdanser by die gesogte Joffrey Concert Group in New York, maar sedert die diagnose moes sy haar loopbaan onbepaald uitstel. Die tumor het aggressief en vinnig gegroei, maar kan gelukkig met medikasie beheer word.

Sy is in Junie 2014 gediagnoseer, op 1 Julie het sy met chemoterapie begin en in November 2014 is die chemo afgehandel en die uitslae van die toetse betreklik positief: geen kanker in haar borste of limfnode nie, slegs ’n klein bietjie in haar bene. Maar die dag ná Kersfees, 26 Desember 2014, het Maggie besluit om ’n dubbele mastektomie te kry.

Nadat sy siek geword het, het sy van New York teruggetrek na haar ouerhuis in Baltimore. Hier het sy tussen haar behandelings deur weer begin dans – en was selfs weer op die verhoog vir ’n uitvoering van Die Neutekraker

Maar haar droom bly om vanjaar terug te trek New York toe – die mekka van haar balletdrome.

Sy noem haarself die Bald Ballerina en deel haar storie en vordering op sosiale media. Hier is van haar mooiste foto’s op Instagram:

FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina

 

 

FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina

FOTO: Instagram @baldballerina